Moe­nie A­fri­kaans se toe­koms blus met plus – FAK

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

Die wed­y­we­ring tus­sen A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sies het gis­ter in fel­heid toe­ge­neem toe die FAK met ’n nu­we be­mar­kings­veld­tog stel­ling teen­oor die ATKV in­ge­neem het.

Die FAK se slag­spreuk teen die ATKV se A­fri­kaans Plus­veld­tog is nou: “Moe­nie die toe­koms van #A­fri­kaans blus met ’n #plus nie.”

Dei­d­re Le Ha­nie, be­stu­ren­de di­rek­teur van die ATKV, het A­fri­kaans Plus ver­le­de week be­kend ge­stel. Dit wil die or­ga­ni­sa­sie se in­klu­si­wi­teit ver­hoog om sy by­drae tot na­sie­bou uit te bou.

Jo­han Jan­sen van Vuur­en, FAK-woord­voer­der, het gis­ter ge­sê hul­le het hul veld­tog be­gin om­dat die ATKV’ n trans­for­ma­sie kul­tuur toe­pas, po­li­tiek kor­rek is en A­fri­kaans blus.

“Men­se is reg­tig ont­steld,” sê hy. “Men­se wil weet of ons by die ATKV se veld­tog be­trok­ke is en wat ons stand­punt is.

“El­ke plek waar ons se­dert 1994 toe­ge­laat het dat A­fri­kaans ‘ge­p­lus’ word, het ons ge­sien dit lei tot ver­en­gel­sing, soos by die u­ni­ver­si­tei­te.”

Die FAK bied se­dert 1929 “on­be­skaamd ’n tuis­te vir #A­fri­kaans en die A­fri­ka­ner­kul­tuur”.

“Ons wil by daar­die stand­punt bly en ons kul­tuur op daar­die wy­se be­vor­der.”

Hy sê die FAK is po­si­tief oor die werk wat die ATKV doen en is glad nie bang om met hom saam te werk nie. Die FAK sal saam­werk, maar ook “self” werk.

“Ons plaas ons­self in die mid­del. Meer­ta­lig­heid is be­lang­rik vir Suid-A­fri­ka en ons be­vor­der meer­ta­lig­heid, maar dit is tog ook be­lang­rik om ons eie taal en eie kul­tuur te be­vor­der.”

Le Ha­nie het by na­vraag oor die FAK se veld­tog ge­sê die ATKV het geen be­hoef­te om met ’n me­de-A­fri­kaan­se kul­tuur or­ga­ni­sa­sie in’ n woor­de­wis­se­ling be­trok­ke te raak nie.

“Die FAK is dui­de­lik ge­fo­kus op A­fri­ka­ners. Die ATKV ook, maar die A­fri­kaan­se taal­ge­meen­skap is veel gro­ter as net A­fri­ka­ners. Die ATKV is ’n kul­tuur­tuis­te vir A­fri­ka­ners en mil­joe­ne an­der A­fri­kaans­spre­kers.

“Die ATKV wil nie nood­wen­dig as taal­stry­der be­kend wees nie, maar eer­der as die bou­er van in­klu­sie­we taal­ge­meen­skap­pe tot voor­deel van na­sie­bou.

“Ons het een saak, naam­lik die saak van A­fri­kaans. Kom help lie­wer bou, want met kri­tiek bring dit net ver­deeld­heid mee. Be­weeg ver­by die vre­se, A­fri­kaans het ons al­mal no­dig.” ■

Le­sers sê oor ATKV – bl. 15

Dei­d­re Le Ha­nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.