‘Jy’t ons da­te ge­mis, maar ek ver­staan’

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

“Cor­nel, jy het vir my vler­ke ge­gee en my ge­leer hoe om te vlieg. Jy het o­se­a­ne in my ver­skuif waar min men­se ooit sou kon swem. Ek sal al­tyd ont­hou hoe jy my uit­ge­vra het op Ro­meo en Ju­liet se bal­kon. Jy het wel ons da­te ge­mis, maar ek ver­staan jy moes el­ders wees. Jy is nou in die he­mel.”

So het Ga­briel­la de Pon­te (16), Cor­nel Bek­ker se mei­sie, in ’n b­rief aan hom ge­skryf wat gis­ter op sy be­graf­nis­diens voor­ge­lees is. “Ek gaan ons guns­te­ling, ched­da­melt-ste­aks, mis, maar die mees­te van als, sal ek die goed mis wat nie­mand an­ders ooit ge­sien het nie. Ek is baie lief vir jou my en­gel,” het sy ge­skryf.

Sy was te e­mo­si­o­neel om self die b­rief op Cor­nel se be­graf­nis in die NG kerk Sui­der­lig in Kru­gers­dorp voor te lees en ’n vrien­din het haar ge­help.

Cor­nel en sy boe­sem­vriend, Ray­mond O­li­vier, is ver­le­de Woens­dag dood toe hul gas­ver­war­mer die suur­stof in hul twee­man­tent op­ge­bruik het en hul­le deur die gas oor­val is. Hul­le het langs ’n dam op die Berg­sig Trout Farm ge­kam­peer om vis te vang. Hul­le was al­bei in gr. 12 aan die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp.

Tal­le rou­kla­ers, on­der wie baie leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment, het Cor­nel in die stamp­vol kerk­saal ge­groet.

Ds. Jo­han S­tan­der van die NG ge­meen­te Kru­gers­dor­pNoord het die diens ge­lei.

“Dit is ’n ab­so­lu­te tra­ge­die dat ou­ers hul kind aan die dood moet af­staan. Die mens is nie ge­maak om hul kind aan die dood af te staan nie. Niks wat e­nig­ie­mand sê, kan die seer weg­neem nie, maar ons weet nou dat Cor­nel al langs God ge­stap het, tot by die ho­ri­son.”

Pie­ter Jan­se van Rens­burg, Cor­nel se stief­pa, het al­mal be­dank vir hul “hon­der­de bood­skap­pe en baie hulp die laas­te paar dae”.

“Ek het ge­won­der hoe oor­leef ’n mens so­veel seer, maar ek weet die He­re sal rus­tig­heid en lei­ding gee, en dit kom ook deur die hulp wat ons ont­vang.”

Hy het ook Ray­mond se ou­ers, Fran­cis en Pie­ter O­li­vier, be­dank vir die rol wat Ray­mond in Cor­nel se le­we ge­speel het.

“Hul­le was boe­sem­vrien­de. Cor­nel het nog die aand voor­dat hul­le gaan vis­vang het, ge­sê hul­le is die­self­de ge­wi­re,” het hy ge­sê.

Rou­kla­ers kon met pen­ne bood­skap­pe op Cor­nel se doods­kis skryf ter­wyl leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Mo­nu­ment ’n e­re­wag ge­vorm het ter­wyl die kis uit die kerk ge­neem is.

Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Fo­to’s van Cor­nel Bek­ker voor in die NG kerk Sui­der­lig in Kru­gers­dorp.

Fo­to: FACEBOOK

Cor­nel saam met Ray­mond O­li­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.