Vyf vas oor ie­ter­ma­gog in bak­kie

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Vyf mans van Lim­po­po is ag­ter tra­lies na­dat hul­le glo ’n ie­ter­ma­gog – ’n hoogs be­dreig­de spe­sie – wou ver­koop.

Lt. kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die ie­ter­ma­gog is Maan­dag le­wend in ’n bak­kie bui­te Hoed­spruit ge­kry.

Vol­gens hom het die po­li­sie in­lig­ting ont­vang en net ná 18:00 toe­ge­slaan op die I­su­zu-bak­kie, wat van A­corn­hoek in M­pu­ma­lan­ga na Hoed­spruit op pad was.

Die bak­kie i sin di eL e ba m ba ne­der­set­ting bui­te Hoed­spruit voor­ge­keer.

Die vyf mans wat in heg­te­nis ge­neem is, is tus­sen 26 en 52 jaar oud en kom van Ma­la­mu­le­le, Lu­le­ka­ni, bui­te P­ha­la­bor­wa en T­za­neen.

Hul­le sal van­dag in die land­dros­hof in Hoed­spruit ver­skyn.

N­goe­pe sê die ie­ter­ma­gog is na ’n wild re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum in die Hoed­spruit-ge­bied ge­neem.

Dit is nog on­dui­de­lik waar die mans die dier­tjie ge­kry het.

Die op­ge­krul­de ie­ter­ma­gog waar­op die po­li­sie be­slag ge­lê het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.