DBV soek skul­di­ges wat hond op­hang

Beeld - - Nuus - – Si­mon Son­ne­kus

Die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) is op soek na in­lig­ting na­dat ’n in­spek­teur Son­dag ’n wors­hond wat in ’n boom in Lo­ne­hill op­ge­hang is, ge­vind het.

S­te­phen Mai­la, ’n in­spek­teur van die Sand­ton-tak, sê hy was Son­dag op by­stand toe ’n in­wo­ner oor die hond ge­bel het.

“Om ’n hond so te sien, wat in sul­ke om­stan­dig­he­de ge­sterf het, was aak­lig. Ek het nog nooit so iets in my le­we ge­sien nie,” sê Mai­la.

“Dit is on­se­ker pre­sies wat met die hond ge­beur het. Ons dink ’n roof­dier het aan hom be­gin vreet of die kar­kas het be­gin ont­bind,” sê hy.

Die DBV het Maan­dag op Facebook fo­to’s van die voor­val ge­plaas in die hoop om die men­se op te spoor wat dit aan die hond ge­doen het.

“Nog nie­mand het vo­ren­dag ge­kom om die hond te i­den­ti­fi­seer nie. Ons weet nie eens of hy ei­e­naars het nie,” sê Mai­la.

In sy Facebook-in­skry­wing sê die DBV dat hy al­les in sy ver­moë sal doen om die skul­di­ges vas te trek.

“Ons doen ’n be­roep op on­der­ne­mings in die om­ge­wing om op hul kring­te­le­vi­sie stel­sels te kyk of hul­le ver­by­gan­gers kan i­den­ti­fi­seer wat met ’n hond loop wat so lyk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.