3 vas in klop­jag op So­we­to­dwelm­huis

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

Drie ver­dag­tes is gis­ter in ’n dwelm­klop­jag in So­we­to in heg­te­nis ge­neem na­dat 300 kg Man­drax ge­vind is in ’n huis wat in ’n dwelm­fa­briek om­ge­skep is.

Die mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid in die Wes-Kaap en die Gau­teng­se Val­ke het die klop­jag ge­lei.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, en genl.maj. P­rin­ce Mo­ko­te­di, hoof van die Val­ke in Gau­teng, was teen­woor­dig toe die klop­jag uit­ge­voer is.

In­wo­ners van die buurt, wat om vei­lig­heids­re­des a­no­niem wil bly, sê die dwelm­huis was al­tyd stil en hul­le het nooit ge­dink dat dwelms daar ge­vind sou word nie.

Vol­gens M­ba­lu­la is ’n man en t­wee vroue in heg­te­nis ge­neem.

Die po­li­sie volg in­lig­ting op om ook die han­de­laars te pro­beer vas­trek. “Hul­le is baie goed ge­or­ga­ni­seerd. So dit neem lank om hul­le te vang. Dit is nie mak­lik nie. Die mis­daad in­tel­li­gen­sie­diens het goeie werk ge­doen.”

Hy sê daar is nog ’n plek in So­we­to wat ver­bind word met dié huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.