Man wat sy vrou ‘skiet’ gou vas­ge­trek

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

’n Man van Cul­li­nan, oos van P­re­to­ria, is in heg­te­nis ge­neem na­dat hy sy vrou Son­dag­og­gend na be­we­ring ge­skiet het. Die po­li­sie het Maan­dag in die vroeë og­gend­u­re ’n soek­tog in die woon­buurt Re­fil­we ge­doen en daar­in ge­slaag om die ver­dag­te vas te trek.

Vol­gens konst. Con­nie Mo­ga­ne­di, ’n po­li­sie­woord­voer­der, be­weer ’n oog­ge­tuie dat hy ge­slaap het toe hy ’n woor­de­wis­se­ling tus­sen die man en sy vrou ge­hoor het. Dit is deur sko­te ge­volg. “Hy het die bu­re se hulp ont­bied en hul­le het die 30-ja­ri­ge vrou in ’n kri­tie­ke toe­stand ge­vind. Die ver­dag­te het ge­vlug. Die nood­diens­te en die po­li­sie is ont­bied en sy is hos­pi­taal toe ge­bring.”

Die ver­dag­te sal bin­ne­kort op ’n aan­klag van po­ging tot moord in die hof ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.