Tien siek mei­sies dra ’n dag lank kroon

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

“Moet nooit toe­laat dat ie­mand vir jou sê jy is nie ’n ko­nin­gin nie, nie net van­dag nie, maar el­ke dag van die res vir jou le­we.”

So het Ar­mand du P­les­sis, Mnr. Suid-A­fri­ka 2015-’16, aan ’n groe­pie mei­sies wat ’n dag lank in P­re­to­ria be­derf is, ge­sê.

Die tien mei­sies het gis­ter­og­gend van die Ho­ly Cross S­chool in Sos­han­gu­ve, noord van P­re­to­ria, ge­ry om die ko­nink­li­ke be­han­de­ling te kry met die Reik na ’n Droom-stig­ting se jaar­lik­se Ko­nin­gin vir ’n Dag-ge­leent­heid.

Die mei­sies ly al­ma laan le­wens­be­drei­gen­de siek­tes.

De­mi-Leigh Nel-Pe­ters, Mej. Suid-A­fri­ka, was ook daar om die dag spe­si­aal te maak.

Eers het stu­den­te aan Var­si­ty Col­le­ge in P­re­to­ria die groep mei­sies ver­wel­kom en hul ha­re en gri­me­ring ge­doen. Van hul­le het selfs kleur­ry­ke na­els ge­kry.

Daar­na het ’n li­mou­si­ne hul­le na die vyf­ster- Cas­tel­lo di Mon­te-gas­te­huis in Wa­ter­kloof­rif ge­neem.

Op pad daar­heen het hul­le mu­siek ge­luis­ter en met NelPe­ters ge­sels.

By die gas­te­huis het elk­een ’n ampserp en ’n kroon ge­kry voor­dat Du P­les­sis el­ke mei­sie met ’n Déon­ne le Roux-han­ger­tjie ver­ras het.

“Ek wil net hê jul­le moet weet jul­le is al­mal spe­si­aal en dat jul­le nog kan doen wat jul­le wil. Jy kan die wê­reld ver­an­der, on­ge­ag jou om­stan­dig­he­de. Jy is ’n ko­nin­gin; jy was dit al­tyd en sal al­tyd een wees,” het Du P­les­sis ge­sê.

Nel-Pe­ters sê sy hoop die mei­sies weet hul­le is spe­si­aal en al voel hul­le soms dat nie­mand hul­le raak­sien nie, is dit nie die ge­val nie.

“Ons is al­mal men­se. Ons wil al­mal voel as­of ons iets vir ie­mand be­te­ken en dit is hoe­kom van­dag en an­der dae soos dié so­veel vir my be­te­ken,” sê sy.

“Ek weet van hul­le is nog te jonk om ons lang toe­spra­ke te ver­staan, maar ek hoop as hul­le my sien, sien hul­le ’n da­me wat saam met hul­le kan lag, in die li­mo kan dans, kan koek eet en steeds styl­vol en e­le­gant kan wees. Hul­le is da­mes; ek hoop hul­le weet dit al­tyd.”

Vol­gens Ro­nell Da­vel van die Reik na ’n Droom-stig­ting word daar in Sep­tem­ber ’n Cap­tain Coura­ge-dag vir seuns met le­wens­be­drei­gen­de siek­tes ge­hou.

‘‘

Jy kan die wê­reld ver­an­der, on­ge­ag jou om­stan­dig­he­de.

Fo­to: SIM­VUY­E­LE MA­GE­ZA

Ko­nin­gin vir ’n dag! Al veg hul­le teen le­wens­be­drei­gen­de siek­tes, weet hul­le hul­le bly spe­si­aal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.