FNB­kli­ën­te ‘ge­skok’ oor sluit­kis­sie­skik­king

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die mees­te FNB-kli­ën­te wie se sluit­kis­sies by drie van sy tak­ke ge­steel is, is “ge­skok” oor die skik­kings­be­drae wat die bank aan­bied.

Kel­ly Fra­ser, wat so­wat 200 sluit­kis­sie-ei­e­naars ver­teen­woor­dig, sê die skik­kings­be­drae is klein en se­ke­re ei­se is van die hand ge­wys.

“Vir par­ty is dit (die goed in die sluit­kis­sies) al­les wat hul­le ge­had het en hul toe­koms lyk nou baie don­ker.”

Lee-An­ne van Zyl, uit­voe­ren­de hoof van FNB Points of P­re­sen­ce, sê die bank het on­langs be­gin om met on­ver­se­ker­de sluit­kis­sie-ei­e­naars te skik al is die bank nie wet­tig ver­plig om dit te doen nie.

“El­ke eis is in­di­vi­du­eel op sy eie fei­te in ag ge­neem.”

Fra­ser sê eg­ter FNB het geen spe­si­fie­ke re­de vir die skik­kings­be­drae ge­gee nie.

“FNB sê hul­le het na ver­skeie fak­to­re ge­kyk, maar daar was ei­se met vol­doen­de be­wy­se wat van die hand ge­wys is en ei­se met min­der be­wy­se wat uit­be­taal is.”

Fra­ser sê baie van die ei­se wat af­ge­keur is, was nie eens vir groot be­drae nie en dit blyk daar was ’n perk op die in­di­vi­du­e­le uit­be­ta­lings.

Sy sê die bank het die sluit­kis­sie-ei­e­naars ver­se­ker dat “hul­le din­ge wil reg­maak en dat die mees­te ge­luk­kig sal wees met die skik­kings­be­drae. On­ge­luk­kig wys dit nie in die aan­bie­din­ge wat ont­vang is nie.”

Die sluit­kis­sies het on­der meer erf­stuk­ke, ju­we­le en Kru­ger­ran­de be­vat.

In Sep­tem­ber 2015 is die FNB-tak in Sun­ny­park, P­re­to­ria, be­roof. Tak­ke in Rand­burg en Park­town is in De­sem­ber ver­le­de jaar be­roof.

Van Zyl sê kli­ën­te is ver­goed vir uit­ga­wes om do­ku­men­te te ver­vang. Kli­ën­te wat ver­se­ker was, is ook ver­goed vir by­be­ta­lings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.