S­kool­re­ëls gaan nou ná ha­re­klo­we­ry her­sien word

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger Fo­to’s: HAN­NES KRU­GER

Die s­kool­re­ëls van die Wind­sor Hou­se A­ca­de­my, ’n pri­va­te ho­ër­skool vir mei­sies in Kemp­ton Park, is vir drie maan­de op­ge­skort na­dat ’n her­rie Maan­dag oor die re­ëls vir ha­re uit­ge­breek het.

’n Nu­we stel re­ëls moet in sa­me­wer­king met die ou­ers, leer­lin­ge en on­der­wy­sers op­ge­stel word. Na­dat dit goed­ge­keur is, sal dit bin­ne drie maan­de in wer­king ge­stel word.

Dít is die oor­een­koms wat tus­sen die skool en die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment be­reik is.

’n Fo­to van leer­lin­ge van die Wind­sor Hou­se A­ca­de­my wat bui­te die skool ge­neem is, is Maan­dag op Facebook ge­pu­bli­seer en wyd ver­sprei. Siy­a­bon­ga Ng­we­nya, die tan­nie van een van die mei­sies, het die fo­to op Facebook ge­plaas en ge­skryf dat hul­le Maan­dag ty­de­lik uit die skool ge­sit is om­dat daar glo fout met hul haar­sty­le is. Sy het gis­ter bui­te die skool be­weer dat Ma­riet­te van Heer­den (69), skool­hoof, on­der meer die mei­sies met braids-, dre­ads-, af­ro- en “on­van­pas­te” haar­sty­le be­veel het om die skool­ter­rein te ver­laat en ge­sê dat hul­le i­di­o­te, on­ge­mo­ti­veerd en mis­luk­kings is.

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, het gis­ter­mid­dag in­der­haas die skool be­soek om ag­ter die kap van die byl te kom na­dat hy glo ver­skeie klag­tes ont­vang het.

Le­su­fi het ’n baie kort ver­ga­de­ring met die skool­be­stuur en die mei­sies ge­hou en daar­na die me­dia in die ver­trek toe­ge­laat om deel van die pro­ses te vorm.

Hy het toe vier van die 140 mei­sies in die skool die ge­leent­heid ge­gee om te praat oor kwes­sies wat hul­le by die skool pla. Dit was meest­al ma­triek­mei­sies en hul­le was in die ge­heel om­ge­krap oor die s­kool­re­ëls.

“Die s­kool­re­ëls word nie kon­se­kwent toe­ge­pas nie. Dit is ge­grond op hoe die hoof en skool­be­stuur op ’n be­paal­de dag voel,” sê een leer­ling.

’n An­der een sê sy en haar me­de­leer­lin­ge moes Maan­dag ’n vol­le­di­ge a­ka­de­mie­se dag mis om­dat hul ha­re nie die skool­hoof se goed­keu­ring weg­ge­dra het nie. “Ons is hier om te leer. Hoe­kom moet ha­re ’n kwes­sie wees? En ja, jam­mer om dit nou so te stel, maar ons het k ***** ha­re. Dis hoe dit is. Ons moet steeds op­voe­ding kan ont­vang.”

Le­su­fi het Van Heer­den toe ’n spreek­beurt ge­gee. Sy het glad nie op die be­we­rings van die mei­sies ge­re­a­geer nie.

“Daar is al­tyd ’n leer­kur­we. El­ke dag leer ons van me­kaar. Ek gaan nie stry oor wat jul­le ge­sê het nie. Dit is deel van wie ons is. Ons moet ons werk doen en aan­hou om a­ka­de­mies goed te pres­teer. Ons het nou drie maan­de om hier­die kwes­sies te pak,” het sy ge­sê. Van Heer­den het ook aan die mei­sies ge­sê hul­le is die land se toe­koms en “haar pen­si­oen”.

Le­su­fi het die mei­sies aan die ein­de van die ver­rig­tin­ge ge­waar­sku dat die ty­de­li­ke op­skor­ting van die s­kool­re­ëls “glad nie be­te­ken dat daar nie dis­si­pli­ne gaan wees nie”.

“Jul­le moet die on­der­wy­sers re­spek­teer en ge­dis­si­pli­neerd jul werk doen.”

Van Heer­den het ná die amp­te­li­ke ver­rig­tin­ge by na­vraag ge­sê die leer­lin­ge het wel Maan­dag die op­sie ge­had om in ’n ver­trek by die skool te bly of huis toe te gaan.

Sy het ge­sit en praat on­der ’n bord­jie wat skuins bo haar hang en lui: “Ge­duld – sta­di­ge ma­nier om jou moer te strip.”

Ma­riet­te van Heer­den, hoof van die Wind­sor Hou­se A­ca­de­my in Kemp­ton Park, spreek die so­wat 140 mei­sies in gr. 8 tot gr. 12 toe.

Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys, praat met die so­wat 140 leer­lin­ge aan die Wind­sor Hou­se A­ca­de­my.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.