‘Ou­kei, ons sal jou nie slaan as jy bly sit,’ sê ro­wers

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Ja­c­ques van S­chalk­wyk (35) het die t­wee ro­wers wat hom van ver­trek na ver­trek ge­sleep het, in ’n sta­di­um ge­vra om hom as­se­blief net nie weer te slaan nie.

“Hul­le het vir hom ge­sê ou­kei, dis reg, so­lank hy net daar sit,” het sy pa, Jaco (58), gis­ter ge­sê.

Ja­c­ques is vol­gens sy pa waar­skyn­lik Maan­dag voor mid­der­nag oor­val toe hy op die rus­bank voor die te­le­vi­sie aan die slaap ge­raak het.

Hy en sy ge­sin woon in ’n trou­ker­kie wat in ’n cha­let om­ge­skep is op sy pa se klein­hoe­we na­by Ham­mans­kraal.

Die ro­wers het die kom­buis­deur oop­ge­skop en Ja­c­ques met moer­sleu­tels aan­ge­rand.

Hul­le het sy voe­te en han­de vas­ge­bind en hom toe van ver­trek na ver­trek ge­sleep, sê Jaco.

Hul­le wou geld en wa­pens hê.

Ja­c­ques se vrou, Ri­ët­te, en hul vier­ja­ri­ge twee­ling het die aand by haar pa in Mo­re­le­ta­park oor­ge­slaap. Vol­gens Jaco kon Ja­c­ques hom­self om­streeks 00:15 met die hulp van ’n wer­ker ge­deel­te­lik los­kry en het hy hom da­de­lik ge­bel. Jaco het sy buur­man, Pie­ter Oost­hui­zen (41), ’n lid van die A­pies­ri­vier Lan­de­li­ke Brand­be­sker­mings­ver­e­ni­ging, vir hulp ge­bel en na die klein­hoe­we ge­jaag.

“Ja­c­ques het net vir my ge­sê: ‘Dad, hul­le het my ge­slaan, hul­le het my ge­slaan.’ ” Hy was vol bloed en steeds vas­ge­maak. “Ons het aan­vank­lik ver­moed sy ka­ke­been en van sy rib­bes is ge­breek, maar aan die ein­de van die dag het hy ge­luk­kig net ’n paar ste­ke no­dig ge­had.”

Ja­c­ques is op die to­neel be­han­del en hos­pi­taal toe ge­bring. Hy is gis­ter­og­gend ont­slaan.

Vol­gens Jaco het Ja­c­ques ge­sê hy sou gis­ter­aand weer by sy huis gaan slaap.

Hy het ge­sê hy vind dit vreemd dat die ro­wers die hoof­huis net so ge­los het en ver­moed Ja­c­ques se Jack Rus­sell-hond was be­dwelm. “Dit is vir my baie vreemd dat die hond net daar op die bank ge­sit en na die ou­ens ge­kyk het.”

Hy sê die ro­wers het Ja­c­ques se mo­tor­sleu­tels ge­vat en ’n skoot­re­ke­naar uit sy mo­tor ge­steel. Hul­le het hul­le ook met sy trou­pand, kle­re, van sy kin­ders se kle­re en vi­de­o­spe­le­tjies uit die voe­te ge­maak.

Ja­c­ques se broer, Gert, was een van die Wa­ter­kloof-vier wat in 2007 tot 12 jaar tronk­straf ge­von­nis is weens die dood van ’n ha­we­lo­se man en die aan­val op nog een. Hul­le was toe nog skool­kin­ders.

Ja­c­ques van S­chalk­wyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.