ANC nie gro­ter as die land nie

Beeld - - Kommentaar - Hen­ry Jef­freys

Die ANC hou baie van her­den­kings. Van­jaar vier die par­ty by­voor­beeld die 100ste ge­boor­te­jaar van O­li­ver Tam­bo.

Sy eeu­fees­jaar is die te­ma van ’n jaar lan­ge pro­gram wat sy deug­de be­sing met die doel om hom as ’n voor­beeld van wa­re lei­er­skap voor te hou.

Suid-A­fri­ka­ners weet nie baie van Tam­bo nie. Hy was pre­si­dent van die ANC in bal­ling­skap ter­wyl oud­pres. Nel­son Man­de­la en an­der soos Wal­ter Si­su­lu en Ahmed Kathra­da in die tronk was. Die ANC se suk­ses om die a­part­heids­re­gi­me in­ter­na­si­o­naal te i­so­leer en tot ’n val te bring, word groot­liks aan Tam­bo toe­ge­skryf.

Hy was ’n men­tor vir on­der an­de­re oud­pres. T­ha­bo M­be­ki en pres. Ja­cob Zu­ma. Ons kan maar net raai wat Tam­bo van Zu­ma se hui­di­ge po­li­tie­ke en an­der ver­gry­pe sou maak.

Van Zu­ma ge­praat. Dit is van­jaar tien jaar ge­le­de dat hy die ANC-troon in Po­lo­kwa­ne be­styg het (dit is op­val­lend dat nie­mand Zu­ma se de­ka­de aan die be­wind her­denk nie . . . ).

Zu­ma het die mag oor­ge­neem dank­sy men­se wat van­dag as sy aarts­vy­an­de be­skou word. Men­se soos Ju­li­us Ma­le­ma, oud­lei­er van die ANC-jeug­li­ga, Z­we­lin­zi­ma Va­vi, uit­ge­skop­te hoof­se­kre­ta­ris van Co­sa­tu, en Bla­de N­zi­man­de, hoof­se­kre­ta­ris van die SAKP en mi­nis­ter in Zu­ma se ka­bi­net.

Van die drie het Ma­le­ma en Va­vi as Zu­ma se vu­rig­ste teen­stan­ders ont­waak. Ma­le­ma is op Zu­ma se aan­drang uit die ANC ge­skop en het sy eie po­li­tie­ke par­ty ge­stig, wat reeds sy stem­pel af­ge­druk het.

Va­vi het ook in­tus­sen die hoof­se­kre­ta­ris ge­word van ’n nu­we vak­ver­bond, die Suid-A­fri­kaan­se Fe­de­ra­sie van Vak­bon­de (Saf­tu), wat o­pen­lik daar­op uit is om le­de van Co­sa­tu af te rok­kel.

In die tien jaar se­dert Zu­ma se skou­spel­ag­ti­ge op­koms, is die po­li­tie­ke land­skap heel­te­mal an­ders.

Zu­ma se des­tyd­se bond­ge­no­te het hom soos rot­te op ’n sin­ken­de skip ver­laat, en hy het nu­we, meer si­nis­te­re bond­ge­no­te, die Gup­ta-broers, na­der ge­hark.

Die Sun­day Ti­mes het Ma­le­ma die na­week selfs voor­ge­hou as ’n toe­koms­ti­ge pre­si­dent, dalk al in 2019 (ai tog, ont­hou net om ver­sig­tig te wees waar­voor jy wens!).

Ma­le­ma het wel be­paal­de ta­len­te wat goed pas by die po­li­tiek. Hy is by uit­stek ’n op­sto­ker wat weet hoe om die po­pu­lis­me in men­se aan te wak­ker en in te span om sy doel­wit te be­reik. Hy het dit tien jaar ge­le­de uit­ste­kend in Po­lo­kwa­ne ge­doen.

On­ge­luk­kig sleep sy on­de­mo­kra­tie­se on­der­rok nie ver van die grond af nie. Hy is nie bloot net die “lei­er van die EFF” nie, hy is die op­per­be­vel­voer­der!

Ek moet sê, die Ma­le­ma wat ’n mens dees­dae oor die ra­dio hoor of op te­le­vi­sie sien en oor lees in die koe­ran­te, klink na ’n heel be­sa­dig­de, ra­si­o­ne­le en den­ken­de mens. Maar wees ver­sig­tig vir die slang­o­lie­ver­koops­man!

Die pro­bleem met Po­lo­kwa­ne was dat nie­mand daar op­ge­daag het met die toe­koms van die land in ge­dag­te nie.

As dit so was, sou ons nie nou met Zu­ma ge­sit het nie. Dít sal as fak­tor net so be­lang­rik wees vir die ANC se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber.

Die dap­per dog be­le­ër­de ANC-LP Mak­ho­si K­ho­za het dit mooi ver­woord: “Ek is baie lief vir die ANC,” het sy ver­le­de week ge­sê, “maar ek is pas­sie­vol oor die land.” In­der­daad, ka­ders.

Die land is gro­ter as die ANC. Dit is wat af­ge­vaar­dig­des na die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie moet ont­hou.

’n Mens kan ver­staan waar­om so baie men­se re­ken ons de­mo­kra­sie is in ’n kri­sis. Dit is waar­in Zu­ma ons ge­dom­pel het. Die ANC moet ons daar­uit red en voor­kom dat ons ooit weer in so ’n si­tu­a­sie be­land.

Die fou­te van Po­lo­kwa­ne mag nie her­haal word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.