On­der Zu­ma sal af­dreig­kul­tuur bly voort­be­staan

Beeld - - Kommentaar -

Ter­wyl ál meer stem­me, ook van­uit die ge­le­de­re van die­nen­de ANC-LP’s, teen die be­wind van pres. Ja­cob Zu­ma be­gin op­gaan, neem ’n vrees­be­wind en ’n kul­tuur van in­ti­mi­da­sie toe om e­ni­ge teen­stand teen die plun­de­ring van staats­ba­tes hok te slaan.

Ver­skeie in­di­vi­due wat dit ge­waag het om in die pad te staan van die ka­ping van ba­tes, er­vaar in­ti­mi­da­sie en af­drei­ging, ter­wyl an­der ge­skors of on­der so­veel druk ge­plaas word dat hul­le be­dank.

Dr. Mak­ho­si K­ho­za, uit­ge­spro­ke ANC-LP, het dit durf waag om uit te praat teen die ver­gry­pe van Zu­ma en sy mee­lo­pers en is ge­volg­lik met die dood ge­dreig. Sy het selfs te ken­ne ge­gee dat sy twy­fel of sy oor ’n maand nog in die land van die le­wen­des sal wees. Die par­le­ment het da­rem in­ge­stem om vir haar be­sker­ming te re­ël.

Met die be­dan­king van T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za as hoof van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling (Sas­sa) het dit aan die lig ge­kom dat ook hy doods­drei­ge­men­te ont­vang het.

Dít kom na­dat hy in hof­stuk­ke ont­hul het dat die mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, self die skuld moet dra vir die ge­mors met maat­skap­li­ke uit­be­ta­lings.

T­hem­ba Go­di, voor­sit­ter van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor), het na die af­drei­gers ver­wys as ’n “mis­da­di­ge ben­de trog­vre­ters”.

Mag­wa­za se be­dan­king het ge­volg kort na­dat ont­slae ge­raak is van nog ’n ge­re­ken­de se­ni­or amp­te­naar. Mi­ke M­len­ga­na, di­rek­teur-ge­ne­raal van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, is deur sy mi­nis­ter “han­gen­de ’n in­ter­ne on­der­soek” ge­skors.

Land­bou is be­kend as een van die de­par­te­men­te wat erg ge­plun­der word, soos met die V­re­de-melk­plaas­pro­jek. M­len­ga­na het glo daar­teen be­gin rug styf maak.

Om nie te praat van die tal­le moor­de op mu­ni­si­pa­le raads­le­de, on­der meer in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en ver­al in K­waZu­lu-Na­tal nie. Die klaar­blyk­li­ke mo­tief is om vin­gers in mu­ni­si­pa­li­tei­te se geld­laai te kry.

Die pre­si­dent is on­ge­luk­kig die voor­bok, meen Pra­vin Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas. So­lank hy sy amp be­klee, sal die kul­tuur van af­drei­ging en in­ti­mi­da­sie bly voort­be­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.