Dié stap gaan ein­de van ATKV wees

Beeld - - Kommentaar - F­rik Lotz, Sa­sol­burg

Die ATKV wil an­der ta­le nou ook in­bring by die or­ga­ni­sa­sie om dit glo in­klu­sie­wer te maak.

Hy gaan blyk­baar steeds om­sien na A­fri­kaans en glo A­fri­kaans sal nie be­na­deel word deur die ver­an­de­rin­ge nie.

Die vraag is waar­om die ATKV hier­die din­ge doen?

Hy is tog ’n A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sie wat die be­lan­ge van die A­fri­kaan­se taal op die hart moet dra en dit maak geen sin om an­der ta­le ook te be­trek nie.

An­der ta­le kan seer se­ker­lik na hul­self om­sien en hul eie or­ga­ni­sa­sies stig, of hoe?

Waar­om pro­beer die ATKV iets vir al­mal wees, want ui­t­ein­de­lik gaan hy niks vir nie­mand be­te­ken nie. Hier­die stap gaan die ein­de van die ATKV wees as ’n A­fri­kaan­se or­ga­ni­sa­sie en weer is die groot ver­loor­der die A­fri­kaan­se taal.

Dis kom­mer­wek­kend om te sien hoe A­fri­kaans o­ral uit­ge­werk en ver­trap word.

Iets sal ge­doen moet word om A­fri­kaans te be­skerm, want ons kan nie toe­laat dat ons taal so stel­sel­ma­tig ver­nie­tig word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.