Han­del ’n saak gou af met f­fak­tor

Beeld - - Kommentaar -

Fran­cois du Toit, Si­no­vil­le

Al die kor­rup­sie noop my om te skryf. Ek ver­moed die skoen pas my dalk ook.

In die 1960’s be­gin ek as ’n rou kler­kie in ’n af­de­ling van die toen­ter­tyd­se de­par­te­ment van land­bou- teg­nie­se diens­te. Die af­de­ling was be­rug as “ad­mi­nis­tra­tief moei­lik”.

Op ’n dag kom ek op ie­mand af wat met ver­lof ver­neuk het. Op­ge­won­de rap­por­teer ek dit saam met die re­le­van­te re­gu­la­sies aan my baas (’n eks-stoei­er met blom­kool­o­re). Ek ver­wag vuur­von­ke en ’n wan­ge­drag­klag. Nou gaan die pop­pe dans, dink ek.

My baas be­kyk die do­ku­men­te en slin­ger dit op sy les­se­naar. Met ’n gryns­lag sê hy: “F*k die re­gu­la­sies, ek neem dit op my,” en han­del die saak blit­sig af.

Wel, só het ek ge­leer hoe ’n saak doel­tref­fend met die f-fak­tor af­ge­han­del kan word.

Se­dert­dien het min ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.