Da­we­ren­de Gup­ta­stil­te

’n Par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee het gis­ter be­gin met voor­be­rei­dings­werk vir sy on­der­soek na on­der meer be­we­rings van staat­skaping. Maar dit is kom­mer­wek­kend dat geen vin­ger tot nou ver­roer is om moont­li­ke mis­dry­we rond­om staat­skaping te on­der­soek nie,

Beeld - - Middelblad -

Be­hal­we ver­ont­waar­dig­de ge­sprek­ke om braai­vleis­vu­re en by kan­toor­ke­tels is daar am­per geen re­ak­sie op die ge­raam­tes wat by­na daag­liks uit die Gup­ta­kas tui­mel nie.

Die kan­toor van pres. Ja­cob Zu­ma, as­ook die on­der­skeie kan­to­re van die mag­dom Gup­ta-ver­wan­te be­sig­he­de, po­li­ti­ci en amp­te­na­ry wat in die #Gup­taLe­aks-e-pos by ver­dag­te ak­ti­wi­tei­te ter waar­de van mil­jar­de ran­de be­trek word, ver­wer­dig hul­le nie eens om op me­di­a­na­vrae hier­oor te re­a­geer nie.

Wan­neer die jong­ste be­weer­de skan­de ont­hul word, bel, e-pos en w­hat­sapp joer­na­lis­te – nou al son­der om ’n ant­woord te ver­wag.

Suid-A­fri­ka­ners be­sef lank­al din­ge is nie pluis rond­om die ver­hou­din­ge van Zu­ma, sy bin­ne­kring in die re­ge­ring en sa­ke­lui soos die Gup­ta-fa­mi­lie nie.

Maar die om­vang hier­van, wat die laas­te tyd ge­reeld deur e-pos­ont­hul­lings rug­baar word, slaan selfs die mees si­nie­se lands­bur­ger se a­sem weg.

Dié skan­de­li­ke ten­ta­kels strek van E­s­kom en Pra­sa tot by Trans­net, die SAUK, die Vry­staat­se re­ge­ring en De­nel. Die be­drae be­loop mil­jar­de ran­de.

Dis by­na dui­se­ling­wek­kend moei­lik om ’n ge­heel­beeld te vorm van hoe wyd en diep dit strek – en ’n span joer­na­lis­te is steeds be­sig om deur die hon­derd­dui­sen­de e-pos te ploeg. Waar is S­haun en Fi­ki­le? Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), het on­langs s­kie­lik rug­graat ge­toon deur in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria te sê dat Zu­ma se po­gings om haar voor­gan­ger se aan­be­ve­lings oor ’n staat­skapings­on­der­soek te stuit, geen gron­de het nie.

Haar po­ging boe­sem eg­ter nie veel ver­troue in nie. Dis die­self­de OB wat net nou die dag die Grond­wet on­der­myn en haar man­daat gru­we­lik oor­skry het met haar aan­be­ve­lings oor die man­daat van die Re­ser­we­bank.

Dan het die Suid-A­fri­kaan­se re­gu­le­rings­o­wer­heid vir ou­di­teurs (ja, nie­mand bui­ten ou­di­teurs self het al van hul­le ge­hoor nie) da­rem ge­sê hul­le wil kyk hoe die ou­di­teurs­fir­ma KPMG die Gup­tas ge­help het om daar­die nou reeds om­stre­de Sun Ci­ty-troue teen be­las­ting te laat af­skryf.

Maar nog geen woord van­uit die kan­toor van adv. S­haun A­bra­hams, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), nie.

Dis die­self­de man wat met mag en me­ning (en her­haal­de­lik) sy span pro­beer kry het om oud­mi­nis­ter Pra­vin Gord­han en sy voor­ma­li­ge ad­junk M­ce­bi­si Jo­nas in die hof te kry op al­ler­lei ob­sku­re be­weer­de aan­klag­te.

Hul­le was so haas­tig en die bi­sar­re saak so be­lang­rik dat hul­le dit goed­ge­dink het om Gord­han te tei­ken dae voor­dat hy ’n be­gro­tings­re­de moes le­wer om die mark­te te kal­meer na­dat sy voor­gan­ger, Nhlanhla Ne­ne, on­ver­wags in die pad ge­steek is.

En daar is ook nog geen woord van ons ge­woon­lik ui­ters uit­ge­spro­ke mi­nis­ter van po­li­sie, Fi­ki­le M­ba­lu­la, nie.

Hy is be­sig om in die so­si­a­le me­dia gal te braak oor mis­daad by O.R. Tam­bo (’n kwes­sie waar­oor joer­na­lis­te al ja­re be­rig).

Lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, waar­ne­men­de hoof van die Val­ke, het meer as ’n maand ge­le­de ge­sê hul­le kyk na die e-pos.

Maar dit is (nog steeds) nie dui­de­lik of hul­le on­der­soek doen na die lek­ka­sie of na die in­houd daar­van nie. Is hul­le dalk ook ge­kaap? Die e­nig­ste ver­kla­ring vir die klaar­blyk­li­ke to­ta­le ge­brek aan op­tre­de van ons o­wer­he­de, is dat die ge­kaap­tes in mag en ge­tal­le die “goeie men­se” in die re­ge­ren­de par­ty (en re­ge­ring) ver oor­tref.

Die wets­toe­pas­sers wat be­hoort op te tree tel dalk on­der die ge­kaap­tes en so­doen­de is die stel­sel ver­lam.

Daar­om dalk die stil­te ter­wyl ons moet hoor dat R30 mil­joen se be­las­ting­be­ta­lers­geld wat vir die arm­ste on­der die ar­mes be­stem was – vir ’n land­bou- en werk­skep­pings­pro­jek in V­re­de in die Vry­staat – klaar­blyk­lik be­taal het vir daar­die Sun Ci­ty-troue, vul­gêr in sy oor­daad en luuks­heid.

En dan is daar die be­we­rings wat Ci­ty P­ress lank ge­le­de ge­pu­bli­seer het dat die Gup­tas net wit per­so­neel­le­de by die brui­lof wou ge­had het. Dit is in die e-pos be­ves­tig.

Ook het Beeld ge­rui­me tyd ge­le­de reeds be­rig oor die ver­dag­te ver­hou­ding tus­sen die Gup­tas en Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, toe nog Vry­staat­se LUR en nou mi­nis­ter van myn­bou, die ou­teur van die ein­ste om­stre­de myn­bou­hand­ves wat spe­si­fie­ke reg­te aan “ge­na­tu­ra­li­seer­de” SuidA­fri­ka­ners soos die Gup­tas gee. Die hand­ves is wel t­wee we­ke ge­le­de voor­lo­pig ag­ter­weë ge­hou.

Pie­ter Lou­is My­burgh is be­kroon vir sy ont­hul­lings in Rap­port oor die om­stre­de Pra­sa-kon­trak­te en die ge­wraak­te lo­ko­mo­tie­we waar­uit die Gup­tas en Zu­ma se seun Du­du­za­ne mil­joe­ne ran­de ge­maak het.

Ook hier­oor is ver­de­re be­son­der­he­de in die e-pos ont­hul. Die bui­te­land is ons een voor Waar die plaas­li­ke be­sluit­ne­mers en o­wer­he­de ons tot dus­ver in die steek ge­laat het, is daar tog bui­te­land­se in­stel­lings wat van die be­we­rings gaan on­der­soek.

In die e-pos is vroe­ër van­dees­maand ont­hul dat die Duit­se pro­gram­ma­tuur­groep SAP by­na R100 mil­joen aan “kom­mis­sie” aan ’n Gup­ta-ver­wan­te on­der­ne­ming be­taal het.

Dit was glo vir CAD Hou­se se hulp as mid­del­man aan SAP om mas­sie­we kon­trak­te met staats­on­der­ne­mings soos Trans­net te sluit.

SAP het vier plaas­li­ke be­stuur­ders ge­skors en sy in­ter­na­si­o­na­le hoof­de stel nou on­der­soek in.

Ook kyk ’n on­af­hank­li­ke regs­fir­ma na die ska­du­ag­ti­ge ska­kel­fir­ma Bell Pot­tin­ger se o­pen­ba­re veld­tog om die aan­dag van die Gup­tas se ver­meen­de kon­kel­werk af te lei deur ras­se­span­ning in Suid-A­fri­ka aan te blaas.

Bell Pot­tin­ger en die feit dat hul­le self die on­der­soek aan­ge­vra het, laat ’n ui­ters wrang smaak in die mond, maar dit is meer delf­werk as waar­aan tal­le an­der be­trok­ke­nes on­der­werp word.

In­tus­sen, op eie bo­dem, het die “goeie ou­ens” in die ANC en die re­ge­ring te lank ge­wag. Die ANC­lei­ers wat in die o­pen­baar teen Zu­ma op­staan, kan jy op die een hand tel.

Die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings het gis­ter da­rem be­gin met voor­be­rei­dings­werk vir sy on­der­soek na on­der meer be­we­rings van staat­skaping.

Maar of hier­die on­der­soek gaan lei tot die ver­vol­ging van e­nig­ie­mand wat hul­le skul­dig ge­maak het aan mis­dry­we, is e­nig­ie­mand se raai­skoot.

Die staat­skapings­pro­jek is so ver ge­vor­der dat die land net in on­ge­loof kan toe­kyk hoe nog skan­des en skan­da­le ont­hul word.

En sou die ge­rug­te (wat nou die rond­te be­gin doen het) waar wees dat Zu­ma ’n al­le­min­ti­ge “skei­dings­pak­ket” aan­ge­bied gaan word, kan ’n mens net hoop die ANC word in 2019 ont­troon.

An­ders gaan die­ge­ne wat ons land by­kans op sy knieë ge­dwing het skot­vry daar­van af­kom en ons sal nooit van al hul hand­lan­gers in die re­ge­rings­kan­to­re ont­slae raak nie.

‘‘

Die e­nig­ste ver­kla­ring vir die klaar­blyk­li­ke to­ta­le ge­brek aan op­tre­de van ons o­wer­he­de is dat die ge­kaap­tes in mag en ge­tal­le die “goeie men­se” ver oor­tref. Die wets­toe­pas­sers wat be­hoort op te tree, tel dalk on­der die ge­kaap­tes en so­doen­de is die stel­sel ver­lam.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA, AANGEPAS DEUR GRAFIKA24

Adv. S­haun A­bra­hams, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG).

De Lan­ge is be­stu­ren­de re­dak­teur van Rap­port.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.