Ver­nu­wing 500 jaar ná Her­vor­ming

Beeld - - Middelblad - Yo­lan­da D­rey­er

‘Le­wen­de God, ver­nu­we en ver­an­der ons.” Dit was die te­ma van die groot by­een­koms van Re­for­ma­to­rie­se ker­ke uit die he­le wê­reld on­langs in Leip­zig, Duits­land.

Die Re­for­ma­to­rie­se wê­reld vier 500 jaar Her­vor­ming: 1517-2017. 500 jaar ge­le­de het Lut­her sy 95 stel­lings teen die mis­brui­ke in die kerk van sy tyd aan die kerk­deur in Wit­ten­berg vas­ge­spy­ker. Hy wou nie weg­breek en ’n nu­we be­we­ging be­gin nie. Hy wou van bin­ne-uit her­vorm. Dat kerk­men­se in­sien waar hul­le teen die e­van­ge­lie van Je­sus Chris­tus in­gaan.

Maar die ver­keer­de raak­sien, wil men­se nie. Hoe din­ge is, is ge­mak­lik. Mag, po­si­sie, be­voor­reg­ting pas hul­le. Toe skeur die kerk 500 jaar ge­le­de eer­der as om te ver­nu­we en ver­an­der.

Van­jaar “vier” ons die skeu­ring: Re­for­ma­sie 500 jaar, die be­gin van ons kerk­li­ke tra­di­sie. Met die groot vie­ring in Leip­zig hoor ’n mens ’n noot van be­skei­den­heid, ook in die keu­se van die te­ma: “Le­wen­de God, ver­nu­we en ver­an­der ons.” Nou hier, want ons er­ken: ons het dit no­dig.

Ons vie­ring gaan nie oor ons pres­ta­sies, al­les wat ons ver­mag het nie. In­teen­deel, ons be­ly: Soos ons hier staan, is ons ver van reg af. En ons bid: Maak ons reg en help ons reg­maak, le­wen­de God.

Die Re­for­ma­sie het ons ver­ant­woor­ding ge­leer, sê Na­jla Kas­sab van Li­ba­non, die eer­ste vrou­e­pre­si­dent van die Wê­reld­ge­meen­skap van Ge­re­for­meer­de Ker­ke. Daar staan sy, op Lut­her se kan­sel in Wit­ten­berg, en haal hom aan: “’n Gods­diens wat niks gee nie, niks kos nie, nie ly nie, is niks werd nie.” Al­le men­se is waar­de­vol in God se oë, on­ge­ag hul kleur of ge­slag of ras of pas­poort.

Doen ons ver­ant­woor­ding oor ons om­gaan met men­se – “in ge­dag­tes, woor­de en wer­ke,” soos die li­tur­gie­se for­mu­le dit uit­druk – kan ons net be­skeie bid: “Le­wen­de God, ver­nu­we en ver­an­der ons.”

In hier­die jaar van Re­for­ma­sie 500 reik ker­ke me­kaar ’n hand van ver­soe­ning. In die Lut­her­kerk in Wit­ten­berg is op 5 Ju­lie ’n ge­sa­ment­li­ke ver­kla­ring on­der­te­ken deur die Re­for­ma­to­rie­se, Rooms-Ka­to­lie­ke, Lut­her­se en Me­to­dis­te­kerk. ’n Tree tot he­ling ná 500 jaar se ver­deeld­heid on­der die vol­ge­lin­ge van Je­sus Chris­tus.

Vir die uit­tre­den­de pre­si­dent, Jer­ry Pil­lay, is die ver­kla­ring sim­bo­lies van die pad wat ons be­hoort te loop: ’n weg van saam wees en saam doen eer­der as stry, ba­klei, ver­vreem en ver­skeur.

Oor die saak wat in die 16de eeu bit­ter stryd en skeu­ring ver­oor­saak het, naam­lik oor hoe God die mens red, kan ker­ke nou saam­stem. Die oor en weer sleg­sê van des­tyds is nie meer gel­dig nie. Die ker­ke dink van­dag an­ders daar­oor en is dit met me­kaar eens.

“Van­dag,” sê Kas­sab, “on­der­te­ken ons nie net ’n ver­kla­ring nie, ons bou saam kerk.”

Vir die pous is dit ’n te­ken dat ons be­reid is om saam te stap as broers en sus­ters in Chris­tus op die pad van kon­flik tot ge­meen­skap, van ver­deeld­heid tot ver­soe­ning. Een­heid word be­lig­gaam in ons ge­sa­ment­li­ke ver­set teen on­reg en uit­slui­ting, sê die Lut­her­se lei­er.

Hier staan ons, 500 jaar la­ter.

Ons be­ly ons ge­loof én ons on­vol­maakt­heid. En bly bid: “Le­wen­de God, ver­nu­we en ver­an­der ons.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.