Jaz­z­pi­o­nier Er­rol Dy­ers ge­hul­dig as mu­siekreus

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

“’n Mu­siekreus, ’n sag­ge­aar­de mens. Ons gaan hom ge­wel­dig mis.”

Só het S­te­ve Ne­w­man ge­sê oor die Kaap­se jazz­ki­taar­spe­ler Er­rol Dy­ers wat Vry­dag­aand in die ou­der­dom van 65 oor­le­de is. Hy het ge­rui­me tyd aan em­fi­seem ge­ly.

Deur die ma­nier waar­op hy ghoe­ma in die jazz van Kaap­stad ge­ïn­kor­po­reer het, is hy be­skou as een van die pi­o­niers van Kaap­se jazz. Hy was ook ’n dig­ter en dra­ma­turg.

“Ek het so­veel her­in­ne­rin­ge aan ons tye saam.

“Hy sal ont­hou word as ’n u­nie­ke ki­taar­spe­ler en pi­o­nier van wat van­dag ge­noem word Kaap­se jazz of ghoe­ma-jazz,” het Rashid Lombard, or­ga­ni­seer­der van die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Jaz­z­fees, ge­sê.

“Kom­po­si­sies soos ‘So­nes­ta’, ‘Su­gar S­ha­ke’, ‘Bo­kaap K­we­la’ en ‘Hot­nots­te­a­par­ty’ laat sy hand­te­ke­ning vir al­tyd op die plaas­li­ke mu­siek­be­dryf.”

Dy­ers het ge­reeld saam met plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le kuns­te­naars by die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Jaz­z­fees op­ge­tree. Van die men­se saam met wie hy ge­speel het, is Abdul­lah I­bra­him, Ba­sil “Ma­nen­berg” Coet­zee, Rob­bie Jan­sen en Win­ston Man­kun­ku.

Dy­ers was deel van die S­heer All S­tars saam met Paul Han­mer, M­cCoy M­ru­ba­ta, Sip­ho Gu­me­de en Frank Pa­co. Hul­le het die al­bums In­di­ba­no en Li­ve at the Blue Room uit­ge­reik.

In die jong­ste tyd het hy saam met die trom­spe­ler Jack Mom­ple se Ca­pe Jazz Band ge­werk, as­ook saam met die pi­a­nis Ge­or­ge Wer­ner, die bas­ki­taar­spe­ler Pe­ter Nd­la­la en die trom­spe­ler Car­lo Fa­be.

Mom­ple het ge­sê Dy­ers is een van die ge­dul­dig­ste men­se wat

‘‘

Hy sal ont­hou word as ’n u­nie­ke ki­taar­spe­ler en pi­o­nier van Kaap­se jazz of ghoe­ma­jazz.

— RASHID LOMBARD

hy ge­ken het.

“In die mu­siek­be­dryf moet ’n mens baie ge­duld hê. Hy was so pro­fes­si­o­neel, al­tyd be­tyds en al­tyd die laas­te om te loop. Hy het nooit ie­mand op hom laat wag nie.

“Hy was se­ker die bes­te ki­taar­spe­ler wat ek ge­ken het. Ek het van die be­gin van sy loop­baan af al na hom gaan luis­ter. Ons het saam ge­speel wan­neer ons ook al die kans ge­kry het. Ki­taar­spe­lers het hom al­mal be­won­der.”

Dy­ers het in sy loop­baan ver­skeie al­bums ge­maak, on­der meer Re­mem­ber – Dis­trict 6 wat hy saam met Li­o­nel Beu­kes, Sam­my Hart­man, Mon­ty We­ber en Ba­sil Coet­zee ge­maak het. Een van sy jong­ste al­bums is All in One, saam met Hil­ton S­chil­der en S­te­ve Ne­w­man.

Er­rol Dy­ers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.