Goeie kans van nóg af­gra­de­rings vir SA, meen OBK

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Die O­pen­ba­re Be­leg­gings kor­po­ra­sie( OB K) meen die waar­skyn­lik­heid van ver­de­re af­gra­de­rings vir Suid-A­fri­ka bly hoog te mid­de van “swak (e­ko­no­mie­se) groei en’ n te­kort aan ver­troue, wat be­leg­gings- en ver­bruik s be­ste­ding knou”.

Dit is vol­gens Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, in ’n skrif­te­li­ke ant­woord in die par­le­ment op ’n vraag van Zel­da Jong­bloed, DA-LP, oor hoe die on­lang­se af­gra­de­rings staats­amp­te­na­re se pen­si­oen­fonds (GEPF) gaan raak.

Vol­gens Gi­ga­ba is so­wat 95% van die GEPF se ba­tes aan ge­no­teer­de ba­tes toe­ge­wys en is die pres­ta­sie van die GEPF reg­streeks ge­kop­pel aan die ver­to­ning van die plaas­li­ke aan­de­le­mark.

Die af­gra­de­ring het ’n mi­ni­ma­le im­pak op die GEPF se ver­to­ning tot dus­ver ge­had, sê Gi­ga­ba.

Dit is ge­grond op die ver­to­ning van die vol­gen­de ba­te­klas­se, wat so­wat 90% van die GEPF se plaas­li­ke ge­no­teer­de ba­tes uit­maak:

Ge­no­teer­de aan­de­le: Die to­ta­le op­brengs van die JSE se ge­weeg­de in­deks van al­le aan­de­le se­dert die eer­ste af­gra­de­ring in A­pril 2017 tot 30 Ju­nie 2017 was sy­waarts, vol­gens die OBK; en

Vas­te in­kom­ste: Vol­gens die OBK is die ver­to­ning van plaas­li­ke ef­fek­te nie ne­ga­tief ge­raak nie. Bui­te­land­se be­leg­gers koop steeds plaas­li­ke ef­fek­te en die af­gra­de­rings het slegs ef­fek­te ge­raak wat die re­ge­ring in bui­te­land­se mark­te uit­ge­reik het.

Di eO B Kis die staats­be­heer­de ba­te be­stuur s fir­ma wat hoof­saak­lik die GEPF se geld be­lê, as­ook in­stel­lings soos die Wer­k­loos­heid s ver­se­ke­rings­fonds en die Ver­goe­dings­kom­mis­sa­ris­se geld. Die OBK be­stuur ba­tes van so­wat R2 000 mil­jard, wat van hom die groot­ste ba­te­be­stuur­der in A­fri­ka maak.

Die GEPF se geld van so­wat 400 000 be­guns­tig­des en

1,2 mil­joen ak­tie­we le­de be­hels 88,8% van die OBK se ba­tes on­der be­stuur, vol­gens die GEPF-mo­ni­te­rings­groep.

Die OBK sê daar moet op ge­let word dat slegs Fitch staat­skuld in rand na rom­mel­sta­tus af­ge­gra­deer het. S­tan­dard & Poor’s Glo­bal Ra­tings (S&P) en Moody’s het steeds staat­skuld in rand een kerf bo rom­mel­sta­tus. Meer as 88% van Suid-A­fri­ka se staat­skuld van R2 200 mil­jard is in rand.

Vol­gens Gi­ga­ba ver­dui­de­lik dit deels hoe­kom Suid-A­fri­ka nog nie ’n “mas­sa­ver­koop van plaas­li­ke ef­fek­te deur bui­te­lan­ders er­vaar het nie”.

As S&P en Moody’s staats­ef­fek­te in rand na rom­mel­sta­tus af­gra­deer, loop Suid-A­fri­ka die ge­vaar om uit­ge­sluit te word van Ci­ti­group se Wor­ld Go­vern­ment Bond In­dex (WGBI).

Dié in­deks word as maat­staf vir fond­se ge­bruik en as SuidA­fri­ka uit die WGBI val, kan mil­jar­de ran­de uit die land ont­trek word deur fond­se wat op grond van dié maat­staf hul be­leg­gings doen. Dit kan ook die rand laat ver­swak.

Vol­gens Gi­ga­ba het die OBK aan­ge­dui dat sy ge­no­teer­de plaas­li­ke aan­de­le ge­di­ver­si­fi­seer is oor ver­skil­len­de sek­to­re heen en het hy bloot­stel­ling aan rand­ver­skan­sers, wat ’n “kus­sing” kan wees vir som­mi­ge ver­lie­se wat ge­ly kan word in­dien die rand sou ver­swak weens ver­de­re af­gra­de­rings.

Die OBK sê ver­de­re af­gra­de­rings sal ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die ver­to­ning van sy ge­no­teer­de vas­te-in­kom­ste-ba­tes hê.

Vol­gens Gi­ga­ba het die GEPF ’n “lang­ter­myn­stra­te­gie” om te keer dat hy swak vaar en om die ne­ga­tie­we im­pak van ver­de­re af­gra­de­rings te mi­ni­ma­li­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.