Sa­sol styg met 4% ná sy­fers

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Sa­sol se aan­deel­prys het gis­ter po­si­tief ge­re­a­geer op sy jong­ste han­del s op­da­te­ring en met 4% tot R387 ge­styg.

Hoe­wel Sa­sol ver­wag sy ver­dien­ste per aan­deel vir die boek­jaar tot ein­de Ju­nie sal tus­sen 48% en 58% ho­ër wees as ’n jaar ge­le­de, gaan sy we­sens­ver­dien­ste per aan­deel, wat een­ma­li­ge i­tems uit­sluit, met tus­sen 11% en 21% daal.

Sa­sol maak op 21 Au­gus­tus sy jaar­sy­fers be­kend, maar die aan­deel­prys ploe­ter die af­ge­lo­pe net meer as t­wee jaar wis­sel­val­lig rond in ’n breë band van R360 tot R480 na­dat dit van 2012 tot mid­del 2014 tot ’n hoog­te­punt van R645 ge­styg het.

Die Sa­sol-aan­deel­prys is by­kans ’n spie­ël­beeld van die o­lie­prys, wat van so­wat $100 per vat van 2012 tot mid­del 2014 tot $50 per vat ge­tui­mel het.

Sa­sol waar­sku die ster­ker rand en lae o­lie­prys raak sy fi­nan­si­ë­le pres­ta­sie ne­ga­tief, hoe­wel sy Se­cun­da-aan­leg re­kord­vo­lu­mes ge­le­wer het. Sa­sol baat by ’n swak­ker rand, want die mees­te van sy pro­duk­te word in dol­lar ver­koop, ter­wyl sy kos­te hoof­saak­lik in rand is. Die rand het in die boek­jaar tot ein­de Ju­nie met 11% ver­sterk ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge boek­jaar.

Sa­sol se ver­dien­ste per aan­deel, wat een­ma­li­ge i­tems in­sluit, gaan tot 58% ho­ër wees as ’n jaar ge­le­de, want dit word ver­ge­lyk met die vo­ri­ge jaar se ver­dien­ste per aan­deel, wat ne­ga­tief ge­raak is deur ’n af­skry­wing van R9,9 mil­jard op Sa­sol se Ka­na­de­se ska­lie­gas­ba­tes.

Sa­sol Syn­fu­els, die aan­leg by Se­cun­da wat brand­stof uit steen­kool ver­vaar­dig, het sy pro­duk­sie­vo­lu­mes in die af­ge­lo­pe boek­jaar met 1% tot 7,83 mil­joen ton ver­hoog. Die pro­duk­sie by die o­lie­raf­fi­na­de­ry Na­tref by Sa­sol­burg, wat Sa­sol saam met die Fran­se o­lie­reus To­tal be­sit, het met 5% ge­daal weens’ n pro­duk­sie slui­ting in die eer­ste helf­te van die jaar en ’n voor­val in Mei wat tot ’n on­be­plan­de pro­duk­sie­sta­king ge­lei het.

Fo­to: SA­SOL

’n Uit­sig op Sa­sol se Oryx gas­tot­brand­stof­aan­leg in Ka­tar in die Mid­de­Oos­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.