Tel­kom se ba­se kry ste­wi­ge ver­ho­gings

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Tel­kom se groot­kop­pe het die af­ge­lo­pe jaar ste­wi­ge ver­ho­gings ge­kry.

Sip­ho Ma­se­ko, uit­voe­ren­de hoof, se to­ta­le ver­goe­ding was in die boek­jaar tot ein­de Maart 2017 R25,9 mil­joen. Dit sluit sy ge­waar­borg­de pak­ket van R7,4 mil­joen in. Hy het ook kort­ter­myn bo­nus­se van R 8,8 mil­joen ont­vang en lang­ter­myn aan­spo­rings van R9,6 mil­joen. Sy pak­ket is 79% meer as die R14,5 mil­joen wat hy in 2016 ont­vang het.

Tel­kom se uit­voe­ren­de be­stuur­span, wat uit 47 werk­ne­mers be­staan, het ver­goe­ding van al­te­sa­me R200,8 mil­joen vir die jaar ont­vang, ver­ge­le­ke met R167,6 mil­joen wat 41 werk­ne­mers in 2016 ont­vang het.

Tel­kom het gis­ter sy jaar­ver­slag vir die boek­jaar tot ein­de Maart 2017 be­kend ge­maak.

In dié boek­jaar het die maat­skap­py se om­set met 9,8% tot R40,97 mil­jard toe­ge­neem. Sy we­sens­ver­dien­ste het toe­ge­neem van R1,65 mil­jard tot R3,7 mil­jard.

Die maat­skap­py het ook ’n di­vi­dend van R4,22 per aan­deel ver­klaar – 56% meer as ’n jaar ge­le­de.

Die to­ta­le ver­goe­ding van De­on F­re­de­ricks, Tel­kom se fi­nan­si­ë­le hoof, het met meer as 40% toe­ge­neem – van R9,46 mil­joen in 2016 tot R13,5 mil­joen.

Ma­se­ko is op 1 A­pril 2013 as uit­voe­ren­de hoof van Tel­kom aan­ge­stel op ’n tyd­stip toe die maat­skap­py ge­suk­kel het. Hy het se­dert­dien be­trek­li­ke suk­ses met Tel­kom se om­keer­plan be­haal.

Toe Ma­se­ko die lei­sels oor­ge­neem het, was Tel­kom se aan­deel­prys op so­wat R15 per aan­deel. Die aan­deel­prys is tans op so­wat R65 per aan­deel.

‘‘

Ma­se­ko se pak­ket is 79% meer as die R14,5 mil­joen wat hy in 2016 ont­vang het.

Sip­ho Ma­se­ko, uit­voe­ren­de hoof

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.