Paint nog te kry, sê MS ná pro­tes

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Mi­cro­soft se MS Paint is dood. Lank le­we MS Paint!

Die maat­skap­py sê in ’n ver­kla­ring, waar­in hy e­ni­ge ver­war­ring wil uit­ska­kel, “MS Paint is hier om te bly”.

Dit kom na­dat Mi­cro­soft die i­ko­nie­se pro­gram op ’n lys ge­plaas het van toe­pas­sings wat “nie in ak­tie­we ont­wik­ke­ling is nie en dalk ver­wy­der kan word in nu­we weer­ga­wes van Win­dows”.

MS Paint, of “Paint­brush”, is saam met die eer­ste weer­ga­we van Win­dows 1.0 in 1985 be­kend ge­stel.

“Van­dag (Maan­dag) het ons ’n on­ge­loof­li­ke stort­vloed van on­der­steu­ning en nos­tal­gie vir MS Paint ge­sien,” sê Mi­cro­soft.

“As daar een ding is wat ons ge­leer het, is dat MS Paint ná 32 jaar baie aan­han­gers het.”

Die pro­gram sal eg­ter voort­aan nie deel wees van die Mi­cro­soft-sag­te­wa­re nie, maar in Win­dows se app-win­kel be­skik­baar wees om gra­tis af te laai.

Mi­cro­soft se nu­we “kre­a­ti­wi­teit”-toe­pas­sing, ge­naamd Paint 3D, sal voort­aan die s­tan­daard vir Win­dows wees, pleks van MS Paint.

Al­mal is ’n kuns­te­naar! Dié prent­jie is in MS Paint ge­maak...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.