BAT be­kom oor­bly­wen­de be­lang in VSA­ta­bak­groep

Beeld - - Sakenuus - – Niel Jou­bert

B­ri­tish A­me­ri­can To­bac­co (BAT) het die ver­kry­ging van die be­lang in Reynolds A­me­ri­can wat hy nog nie be­sit het nie, vol­tooi.

Die oor­bly­wen­de 57,8% in die A­me­ri­kaan­se ta­bak­maat­skap­py het hom so­wat $49,4 mil­jard ge­kos, het BAT gis­ter ge­sê.

Hy het die sa­me­smel­ting in Ok­to­ber ver­le­de jaar voor­ge­stel.

Reynolds be­sit on­der meer Ne­w­port en Pall Mall. BAT se Dun­hill, Pe­ter S­tuy­ve­sant en Benson & Hed­ges is aan Suid­A­fri­ka­ners be­kend.

Die sa­me­smel­ting skep die wê­reld se groot­ste ge­no­teer­de ta­bak­maat­skap­py en steek P­hi­lip Mor­ris In­ter­na­ti­o­nal, wat Mar­l­boro ver­vaar­dig, ver­by.

Ni­candro Du­ran­te, uit­voe­ren­de hoof van BAT, sê die tran­sak­sie sal ’n ster­ker en vol­hou­baar­der maat­skap­py skep.

“Ons meen dit sal voort­ge­set­te, vol­hou­ba­re wins­groei en op­brengs­te vir aan­deel­hou­ers ver­se­ker.”

Reynolds is die t­wee­de groot­ste ta­bak­maat­skap­py in A­me­ri­ka. BAT be­sit al se­dert 2004 ’n be­lang in hom.

Reynolds­aan­de­le sal nie meer op die New York­se aan­de­le­beurs ver­han­del nie.

Die tran­sak­sie is deel van ’n golf van sa­me­smel­tings in die ta­bak­be­dryf, wat suk­kel weens ’n krim­pen­de vraag na tra­di­si­o­ne­le si­ga­ret­te en die on­se­ker­heid wat nu­we pro­duk­te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.