Kum­ba be­loon sy be­leg­gers

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

As dit pap re­ën, moet jy skep, en dit is pre­sies wat Kum­ba Iron Ore die af­ge­lo­pe half­jaar ge­doen het.

Dank­sy be­son­der hoë ys­ter­erts­pry­se van tot $95,05 per ton in Fe­bru­a­rie en goeie dis­si­pli­ne ten op­sig­te van kos­te, kan dié fi­li­aal van Ang­lo A­me­ri­can be­leg­gers met ’n ste­wi­ge R5,1 mil­jard in di­vi­den­de of­te­wel R15,97 per aan­deel be­loon.

Kum­ba, wat sy half­jaar­re­sul­ta­te tot ein­de Ju­nie Dins­dag be­kend ge­maak het, se we­sens­ver­dien­ste van R4,6 mil­jard, of­te­wel R14,42 per aan­deel, is 53% ho­ër as in die oor­een­stem­men­de half­jaar.

Sy kon­tant­sal­do het ’n ste­wi­ge hup­stoot van 117,7% tot R13,5 mil­jard ge­kry ver­ge­le­ke met die R6,2 mil­jard wat hy aan die ein­de van De­sem­ber in die bank ge­had het.

Die maat­skap­py sê sy to­ta­le in­kom­ste het met 22% tot R21,5 mil­jard ge­styg ver­ge­le­ke met die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2016.

Die ge­mid­del­de prys van $71 per ton vir steen­kool wat hy uit­ge­voer het, te­sa­me met ’n 5%-sty­ging in die vo­lu­me van steen­kool wat hy ver­koop het, het hier­toe by­ge­dra.

Die feit dat hy R652 mil­joen meer moes be­taal om die erts te ver­skeep as­ook ’n ste­wi­ger rand teen­oor die dol­lar het sy in­kom­ste ef­fens na­de­lig ge­raak, sê die maat­skap­py in ’n ver­kla­ring.

T­hem­ba Mkhwa­na­zi, uit­voe­ren­de hoof van Kum­ba, sê hul­le is ver­al te­vre­de met die sty­ging in pro­duk­sie by die on­der­skeie my­ne.

Die ge­sa­ment­li­ke pro­duk­sie het met 23% tot 21,85 mil­joen ton ge­styg. Dit was ver­al Sis­hen, wat 35% meer erts, of­te­wel 15,51 mil­joen ton ge­le­wer het, wat vol­gens hom goed ge­vaar het. Ko­lo­me­la het 6,3 mil­joen ton erts ge­le­wer; 7% meer as in die oor­een­stem­men­de tyd.

Kum­ba sê hy ver­wag om al­te­sa­me tus­sen 41 mil­joen ton en 43 mil­joen ton erts in 2017 te pro­du­seer.

Mkhwa­na­zi sê eg­ter hul­le ver­wag nie dat die hoë pry­se sal voort­duur nie.

Bloom­berg het voor­heen be­rig Mor­gan S­tan­ley voor­spel dat die prys van ys­ter­erts tot so laag soos $50 per ton in die der­de kwar­taal van van­jaar kan daal.

Ys­ter­erts vir af­le­we­ring in Au­gus­tus is vol­gens I­ress tans $67,26 per ton.

Mkhwa­na­zi sê Kum­ba sal steeds op kos­te­be­spa­ring en pro­duk­ti­wi­teit fo­kus om e­ni­ge prys­wis­sel­val­lig­heid teen te werk.

Kum­ba se aan­deel­prys het Dins­dag­og­gend ’n ste­wi­ge hup­stoot ná die be­kend­ma­king van sy re­sul­ta­te ge­kry. Die aan­deel het om 09:30 reeds 8% ho­ër teen R187,95 op die JSE ver­han­del.

Fo­to: REUTERS

Die Sis­hen­ys­ter­ert­s­myn in die Noord­Kaap het 35% meer ys­ter­erts, of­te­wel 15,51 mil­joen ton, in die half­jaar tot ein­de Ju­nie ge­le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.