Bul­le het ha­kern­ood

CURRIEBEKER­REEKS Vi­sa­gie se be­se­ring ’n uit­da­ging vir af­rig­ter

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die Blou Bul­le sal die vol­gen­de maand son­der hul e­nig­ste er­ken­de ha­ker in die Curriebeker-rug­by­reeks moet klaar­kom.

’n S­kan­de­ring het ge­wys die skou­er­be­se­ring wat Jaco Vi­sa­gie Sa­ter­dag teen G­rie­kwas op­ge­doen het, is er­ger as wat aan­vank­lik ver­moed is.

Hy sal die vol­gen­de vier we­ke ’n toe­skou­er wees.

Dié ty­ding laat die Bul­le­brei­er, Nol­lis Marais, met ’n aan­sien­li­ke uit­da­ging.

A­dri­aan S­trauss is nie be­skik­baar in die kom­pe­ti­sie nie en Ed­gar Ma­rut­lul­le (en­kel­be­se­ring) sal ook nie bin­ne­kort be­skik­baar wees nie.

Jan-Hen­ning Campher en Jo­han Grob­be­laar is die e­nig­ste an­der ha­kers in die Bul­le se groep.

Die 20-ja­ri­ge Campher, die seun van die voor­ma­li­ge Bul­voor­ry­man Lou­rens Campher, het sy Curriebeker-bui­ging in Kim­ber­ley ge­maak toe hy as plaas­ver­van­ger op­ge­stuur is.

“Ons het er­va­ring op die boon­ste vlak, maar daar is ’n groot ga­ping tus­sen ’n spe­ler soos Jaco en die vol­gen­de ou wat hom moet ver­vang.

“Daar was Sa­ter­dag ne­ge spe­lers in ons 22-tal wat nog nie Curriebeker-rug­by ge­speel het nie,” sê Marais.

“Sy (Vi­sa­gie) se op­vol­ger sal in ’n kort tyd­jie baie de­tail moet baas­raak. Hier is baie ta­lent, maar dit is jong ou­tjies.”

Die Lig­blou­es, wat ’n ver­be­te aan­slag van die Pou­blou­es moes af­weer vir ’n se­ge met 5145, kom vroeg vol­gen­de maand in die be­stek van ’n week teen die Goue Leeus, die Haaie en die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie te staan.

Die Bul­le het die na­week ’n los­loot­jie.

Dun­can Mat­thews, die Bul­le se lin­ker­vleu­el, en die stut John-Roy Jen­kin­son suk­kel al­bei met seer bo­be­ne en oe­fen nie die week saam met die span nie.

Ru­an S­teen­kamp, wat die span weens ’n dy­spier­be­se­ring nie teen G­rie­kwas kon lei nie, is nie meer op die be­se­rings­lys nie en sal op 5 Au­gus­tus teen die Leeus kan speel.

Drie ag­ter­spe­lers wat op die lang­ter­myn­kruk­ke­lys was, D­ries S­wa­ne­poel, John­ny Kot­ze en Jam­ba U­len­go, is ook weer be­skik­baar.

Marais sê in­tus­sen daar was nog nie ’n ver­soek uit die S­pring­bok-kamp dat die los­ska­kel Han­dré Pol­lard in die Curriebeker-reeks speel­kans moet kry nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jan­Hen­ning Campher staan s­kie­lik voor in die ry on­der die ha­kers by Lof­tus Vers­feld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.