Haaie wil Pu­mas Su­per­in­tens pak

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

In Dur­ban was daar gis­ter ’n fo­kus­ver­skui­wing: Die Haaie se Su­per rug­by-aan­slag het ge­sneu­wel en hul Curriebeker veld­tog ver­dien nou voor­keur sta­tus.

Die Haaie het Sa­ter­dag in die kwart­eind­stryd van die Su­per­reeks teen die Leeus ver­loor en hul “B”-span het Vry­dag­aand ’n Cur­rie­be­ker­klap van die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, die Vry­staat-C­hee­tahs, ge­kry.

Maar nou is al die Su­per- oor­ge­haal vir die veld­tog en wil ’n paar fou­te van ver­le­de jaar reg­stel.

Die span se ha­ker, Fran­co Marais, er­ken dit is moei­lik om so gou van een reeks na ’n vol­gen­de te spring.

“Ons het gis­ter (Maan­dag) ’n af­dag ge­had en van­dag (Dins­dag) her­groe­peer. Dit is moei­lik, want die Su­per­rug­by­reeks was baie lank. Maar ons sien uit na die Cur­rie­be­ker­reeks. Ons het baie om van­jaar te be­wys,” sê Marais.

“Ons het ver­le­de jaar vyf­de ge­ëin­dig, so ons moet van­jaar be­ter vaar. Daar is geen ver­sko­nings nie.”

Marais sê die wa­re toets van die spe­lers se gees­te­li­ke taai­heid lê Sa­ter­dag voor wan­neer die Haaie die Pu­mas op Kings­park ver­wel­kom.

“Ons sal Sa­ter­dag sien hoe­veel in­vloed die Su­per­rug­by­reeks op die spe­lers ge­had het. Maar gees­te­lik is al­mal ge­reed vir die uit­da­ging. Die spe­lers, ver­al die se­ni­or spe­lers, moet die s­tan­daard op die oe­fen­veld stel en sorg dat die in­ten­si­teit nie af­neem nie.

“Ek glo eg­ter nie dít sal ge­rug­by­spe­lers beur nie. As jy jou­self nie vir ’n Curriebeker-wed­stryd vir die Haaie kan op­sweep nie, moet jy nie hier wees nie,” sê Marais.

Vol­gens hom was dit dui­de­lik dat die Vry­staat die Haaie met ’n span vol spe­lers met Su­per-er­va­ring ge­klop het.

“Al hul Su­per­rug­by-spe­lers het ge­speel en jy kon dui­de­lik sien wat­ter im­pak daar­die spe­lers ge­maak het. Ons as die Haaie-span het iets om te be­wys en ons het ook baie Su­per-spe­lers wat die na­week speel.

“Ons sal teen die Pu­mas met die­self­de in­ten­si­teit as in Sa­ter­dag se Su­per­stryd teen die Leeus speel.”

Die Pu­mas het reeds ge­wys hul­le is nie van plan om van­jaar die melk­koei van die reeks te wees nie.

Hul­le het die Goue Leeus, wat we­lis­waar uit­ge­dun was, Son­dag in M­bom­be­la (Nel­spruit) ge­klop.

“Dit gaan ’n moei­li­ke wed­stryd wees. Die Pu­mas het ’n goeie span, maar daar is niks waar­voor ons nie ge­reed is nie,” al­dus Marais. Die Haaie sal in van­jaar se Curriebeker­reeks son­der die diens­te van hul sterk bin­ne­sen­ter An­dré Ester­hui­zen moet klaar­kom.

Die Ja­pan­se Top­liga­klub die Mu­na­ka­ta Sa­nix Blu­es het op hul web­tuis­te aan­ge­kon­dig dat Ester­hui­zen hom by hul­le gaan aan­sluit. Ester­hui­zen sal hom voor vol­gen­de jaar se Su­per­rug­by­reeks weer by die Haaie aan­sluit. Ester­hui­zen (23) sal straks groot baat vind in Ja­pan, ver­al om­dat die oud­All Black­los­ska­kel Car­los S­pen­cer dié span se ag­ter­lyn brei. S­pen­cer plaas ’n hoë pre­mie op vaar­dig­he­de. Die Leeus se stut Hen­cus van Wyk en die Bul­le se flank Ja­c­ques Pot­gie­ter speel ook vir die Blu­es. Je­re­my Ward be­hoort die nr. 12trui Sa­ter­dag in die Haaie se wed­stryd teen die Pu­mas te dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.