S­car­ra te­rug vir WP in Bloem

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

S­car­ra N­tu­be­ni skuif Son­dag sy fo­kus van lief­da­dig­heid na rug­by wan­neer die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie na Bloem­fon­tein op­ruk vir sy Curriebeker-weg­wed­stryd teen die Vry­staat-C­hee­tahs.

Die WP se brei­er, John Dob­son, het be­ves­tig dat die 26-ja­ri­ge ha­ker in sy 23-tal sal wees. N­tu­be­ni het in Sep­tem­ber ver­le­de jaar sy hak­se­ning ge­skeur en is se­dert­dien bui­te ak­sie.

Tus­sen­deur die her­stel­werk van sy be­se­ring het hy as am­bas­sa­deur op­ge­tree vir K­hu­se­lo K­ha­ya (Be­skerm jou huis op A­fri­kaans), ’n pro­jek waar hui­se in in­for­me­le ne­der­set­tings ge­verf word met verf wat hit­te­be­stand is om dit teen bran­de te be­skerm.

Dob­son, wat ver­le­de jaar be­kom­merd was dat N­tu­be­ni gaan suk­kel om van sy erns­ti­ge be­se­ring te­rug te keer, is “op­ge­won­de” oor die feit dat die nr. 2 weer be­skik­baar is.

“Ons moet vir S­car­ra weer op die veld kry. Al waar­oor ons moet be­sluit, is of hy in die be­gin­span of op die plaas­ver­van­gers­bank gaan wees. Hy het hard ge­werk,” sê Dob­son.

Hy voeg by dat me­die­se toet­se sal be­paal wat­ter S­tor­mers, wie se Su­per­rug­by-veld­tog die af­ge­lo­pe na­week ge­sneu­wel het, vir die S­treep­truie be­skik­baar gaan wees.

“Daar is oor­spronk­lik be­plan as­of die S­tor­mers in die half­eind­stryd van die Su­per­reeks gaan speel, so ons gaan nou we­ten­skap­lik te werk. Ek ver­wag dat ou­ens wat min ge­speel het of son­der ske­te is, dié week be­trok­ke sal wees,” sê Dob­son.

Dit sluit na­tuur­lik die S­pring­bok­ke uit.

Dob­son kon dit nog nie be­ves­tig nie, maar dit lyk as­of die slot Chris van Zyl die WP weer dié sei­soen sal aan­voer.

“Chris is die lo­gie­se keu­se. S­car­ra is ook ’n op­sie, maar hy sal dalk ’n bie­tjie swaar aan die juk dra ge­ge­we dat hy eers sal wil fo­kus om net weer ge­reeld te speel,” sê hy.

N­tu­be­ni kan vir die WP ’n troef wees aan­ge­sien hy se­ker die bes­te in­gooi­er van lyn­staan­bal­le in die Kaap is. Die S­tor­mers het son­der hom juis met daar­die as­pek ge­suk­kel.

In­tus­sen was daar vir Dob­son ’n vroeë te­rug­slag met die nuus dat Craig Bar­ry vir ses we­ke met ’n pols­ge­wrig­be­se­ring bui­te ak­sie gaan wees. Met dié dat SP Marais dalk vir eers ge­rus sal word, kan Dob­son dalk vir B­jorn Bas­son op heel­ag­ter in­span.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­car­ra N­tu­be­ni by gis­ter se oe­fen­ses­sie van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se Curriebeker­span in Bell­vil­le. Die WP speel Son­dag in Bloem­fon­tein teen die Vry­staat­C­hee­tahs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.