Du­miny had be­lof­te

VETERAAN SE TOETSLOOPBAAN VER­BY? Kol­wer vry­ge­stel voor 3de toets

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

’n Toets­krie­ket­loop­baan wat met on­ge­ken­de be­lof­te be­gin het, het waar­skyn­lik van­dees­week stil-stil ge­ëin­dig.

Die Pro­te­as het Maan­dag aan­ge­kon­dig dat JP Du­miny vry­ge­stel is uit die Pro­te­a­toets­groep voor die laas­te t­wee toet­se teen En­ge­land.

Du­miny (32) het vroe­ër van­dees­maand in die eer­ste toets teen En­ge­land op Lord’s tel­lings van 15 en 2 aan­ge­te­ken. Suid-A­fri­ka het dié wed­stryd met 211 lo­pies ver­loor en Du­miny is daar­na weg­ge­laat.

K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) sê in ’n ver­kla­ring met T­heu­nis de Bruyn en A­dri­an Mar­kram in die toets­groep is daar ge­noeg kolf­diep­te.

Die der­de toets be­gin mô­re op die O­val in Lon­den.

KSA se aan­kon­di­ging be­te­ken dat Du­miny, ’n veteraan van 46 toet­se se­dert sy bui­ging aan die ein­de van 2008, se toetsloopbaan straks ver­by is.

Dit is on­waar­skyn­lik dat hy in die mid­del van ’n toets­reeks huis­waarts sou keer as hy sou wou veg vir sy plek.

As dit wel die ein­de van Du­miny se loop­baan is, moet ’n mens sê dit was ’n te­leur­stel­len­de een.

Du­miny se kolf­ge­mid­del­de ná 46 toet­se is 32.85. Hy het 2 103 lo­pies aan­ge­te­ken, in­slui­ten­de ses hon­derd­tal­le en agt vyf­tig­tal­le.

Hy het sy eer­ste toets­hon­derd­tal – 166 – in net sy t­wee­de toets in 2008 in die Kers­krag­me­ting op die Mel­bour­ne C­ric­ket Ground aan­ge­te­ken. Nie­mand wat dié ver­to­ning ge­sien het, sou raai dat ’n mens ja­re la­ter die woord “te­leur­stel­lend” sou ge­bruik om sy loop­baan op te som nie.

Ken­ners het toe ef­fe oor­boord ge­gaan met hul lof­be­tui­gings. Du­miny was gra­si­eus en kalm voor die paal­tjies en ken­ners het nie ge­skroom om hom een van die toe­koms­ti­ge ster­re van Suid-A­fri­kaan­se k­rie­ket én wê­reld­krie­ket te noem nie.

Du­miny het nog nooit weer die­self­de hoog­tes be­reik nie. Die naas­te wat hy daar­aan ge­kom het, was 141 lo­pies in 2016 teen die Aus­sies in Perth.

Tus­sen­deur was daar die ge­suk­kel en die wis­sel­val­li­ge kolf­werk wat sy on­der­steu­ners en sy kri­ti­ci hul ha­re uit hul kop laat trek het.

Dit was moei­lik om te ver­dui­de­lik waar­om dié ta­lent­vol­le kol­wer nie meer lo­pies kon aan­te­ken nie.

Hy het reg deur sy loop­baan teen weg­breek­bou­lers ge­suk­kel. Daar was die so­mer van 2009-’10 toe eers Gra­e­me S­wann van En­ge­land en toe Har­bha­jan Singh van In­dië skyn­baar ’n siel­kun­di­ge hou­vas op hom ge­had het.

Dit was moei­lik om te ver­klaar, want hy het nooit op plaas­li­ke vlak reg­tig teen weg­breek­bou­lers ge­suk­kel nie. In­der­daad, hy was be­kend as ’n goeie spe­ler van draai­boul­werk.

Du­miny se boul­werk en sy

rol as die Pro­te­as se vyf­de bou­ler ná die uit­tre­de van Ja­c­ques Kal­lis, het on­be­twis­baar sy toetsloopbaan ver­leng.

Kri­ti­ci sê trans­for­ma­sie­ver­eis­tes het hom sy plek laat be­hou, maar dit was eer­der ’n ge­val van sy weg­breek­boul­werk, wat hom 42 paal­tjies teen ’n ge­mid­del­de van 38.11 be­sorg het.

Sy loop­baan sal eg­ter al­tyd ont­hou word as die een wat so­veel meer vir Suid-A­fri­ka moes op­ge­le­wer het.

Fo­to: GALLO IMAGES

JP Du­miny vier sy laas­te toets­hon­derd­tal – 155 lo­pies teen Sri Lan­ka – in Ja­nu­a­rie van­jaar op die Wan­de­rers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.