Dra­vid: JP sal te­rug­veg

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

JP Du­miny het gis­ter steun uit ’n on­ver­wag­te oord ge­kry, wat re­ken dat dit nie nood­wen­dig die laas­te sien van hom in toets­krie­ket is nie.

Die le­gen­da­rie­se In­die­se kol­wer Ra­hul Dra­vid het in P­re­to­ria, waar hy die af­rig­ter van die In­die­se A-span in die drie­hoe­ki­ge reeks teen Suid-A­fri­ka A en Af­ga­ni­stan A is, ge­sê hy het ver­troue in Du­miny om sy kolf­sor­ge met ver­loop van tyd af te skud en weer ’n te­rug­keer tot die Suid-A­fri­kaan­se toets­span te maak.

Du­miny is Maan­dag van En­ge­land af te­rug huis toe ge­stuur na­dat be­sluit is sy diens­te sal nie no­dig wees in die laas­te t­wee toet­se teen die En­gel­se nie.

“Ek het as af­rig­ter van die Del­hi Da­re­de­vils in die In­die­se P­re­mier­liga vir JP goed leer ken en be­skou hom as een van die aan­ge­naam­ste men­se wat ek ken. Ek het die wê­reld se re­spek vir hom as mens en spe­ler en weet hy het net té veel ta­lent om som­mer nou al van die wê­reld­ver­hoog te ver­dwyn.

“Hy het my juis vroe­ër van­jaar ge­bel en ge­sê hy sou nie in die IPL kon speel nie en het re­des ge­gee, on­der meer dat hy baie graag daar­op wou fo­kus om steeds vir sy land te speel.

“Hy was baie ver­sko­nend dat hy ons op so ’n kort ken­nis­ge­wing in die steek moes laat.

“JP is nie net ’n uit­ste­ken­de krie­ket­spe­ler nie, maar ook ie­mand met baie hoë waar­des,” sê Dra­vid.

Wat die drie­hoe­ki­ge reeks be­tref, wat van­dag vir die In­di­ërs be­gin met ’n krag­me­ting met die gas­heer in Groen­kloof, P­re­to­ria, sê Dra­vid dit is vir hul­le ’n gul­de ge­leent­heid om na spe­lers te kyk wat aan die deur van die na­si­o­na­le span klop.

Ha­ker Co­les in 100ste wed­stryd vir Hur­ri­ca­nes

Le­re­na pak nou vir Du­ro­do­la by Em­per­or’s Pa­la­ce

B­rem­ner wil vir 2018 se B­rit­se Ope kwa­li­fi­seer

Kam­pi­oe­ne kom weer Kaap­se ma­ra­thon hard­loop

Ra­hul Dra­vid

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.