M­cIl­roy stres nie oor 3 j. se ma­jor­mis­oes

Beeld - - Sport - – S­port24

Die B­rit­se Ope het ge­kom en ge­gaan en Ro­ry M­cIl­roy se droog­te in ma­jor-gholf­toer­nooie strek nou oor by­na drie jaar.

’n Goeie tel­ling van 67 in Son­dag se laas­te ronde op Roy­al Birk­da­le het ver­se­ker die Noord-Ier ein­dig ge­sa­ment­lik in die vier­de plek, maar hy het nog­tans se­we houe ag­ter die wen­ner, Jor­dan S­pieth, klaar­ge­maak.

M­cIl­roy (28) het die laas­te van sy vier ma­jor-ti­tels by die PGA-kam­pi­oen­skap in 2014 ge­wen en 15 ma­jor-toer­nooie het in­tus­sen plaas­ge­vind.

Hoe­wel hy ge­frus­treerd is, is hy be­reid om sa­ke op lang­ter­myn te be­skou en ge­dul­dig te wees.

“Een jaar, een ma­jor voel te lank,” sê M­cIl­roy. “Maar hier­die din­ge ge­beur. Jy kyk na Jack Nicklaus: hy het ’n tyd­perk be­leef waar hy vir drie jaar nie ’n ma­jor kon wen nie.

“Dit is moei­lik om ma­jors te wen. Dit is die re­de waar­om nie­mand van hier­die ge­slag, Ti­ger (Woods) uit­ge­sluit, al meer as vyf ge­wen het nie.

“Ons het ’n ven­ster­tyd­perk van 20 tot 30 jaar om dit te ver­mag.

“Ek het nog 15 tot 20 jaar om ma­jor-ti­tels in te palm.

“Ek gaan my bes­te le­wer en ho­pe­lik kom daar weer ’n ge­leent­heid wat ek dan sal aan­gryp.”

Woens­dag 26 Ju­lie 2017

Ro­ry M­cIl­roy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.