Elm­boog kan D­jo­ko­vic straks uit Ope hou

Beeld - - Sport - No­vak D­jo­ko­vic – Reuters

Die voor­ma­li­ge nom­mer een in die wê­reld No­vak D­jo­ko­vic se deel­na­me aan die A­me­ri­kaan­se Ope is weens ’n elm­boog­be­se­ring in die ge­drang, sê Ser­wië se Da­vis­be­ker-span­dok­ter.

D­jo­ko­vic het hom in sy kwart­eind­stryd op Wim­ble­don aan die toer­nooi ont­trek en het aan­ge­dui hy oor­weeg om ’n blaas­kans van ten­nis te neem so­dat hy vol­ko­me van die kna­en­de be­se­ring aan sy reg­ter­elm­boog kan her­stel.

Ser­wië se S­port­ski Zur­nal be­rig Z­den­ko Mi­lin­ko­vic meen D­jo­ko­vic (30) kan tot 12 we­ke bui­te ak­sie wees.

“Die been is ge­kneus weens oor­ei­sing,” sê Mi­lin­ko­vic.

“No­vak is in Toron­to waar hy deur spe­si­a­lis­te on­der­soek word.”

Die twaalf­ma­li­ge Grand Slam-kam­pi­oen het die A­me­ri­kaan­se Ope-ti­tel in 2011 en 2015 be­klink.

Van­jaar se toer­nooi be­gin op 28 Au­gus­tus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.