En­gel­se keur­ders krap kop

DER­DE TOETS TEEN PRO­TE­AS

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Daar wag ’n paar moei­li­ke be­slui­te op En­ge­land se brein­trust aan die voor­aand van die der­de krie­ket­toets teen Suid-A­fri­ka.

Die reeks van vier toet­se is tans met 1-1 ge­lyk­op met die der­de toets wat mô­re op die O­val in Lon­den be­gin. En­ge­land het reeds een ver­an­de­ring aan­ge­kon­dig met Tom We­st­ley wat die be­seer­de Ga­ry Bal­lan­ce op nr. 3 in die kolf­or­de gaan ver­vang. Die En­gel­se keur­ders moet dan be­sluit of hy ook plek gaan maak vir die oud-Bois­haai­er Da­wid Ma­lan in die span.

Of­skoon die aan­vangs­kol­wer Ke­a­ton Jen­nings on­der in­ten­se druk vir sy plek in die span is, blyk dit dat hy weer ’n kans in dié toets ge­gun gaan word. As Ma­lan wél speel­kans gaan kry, gaan dit straks in die plek van die draai­bal­bou­ler Li­am Daw­son wees.

En­ge­land het die eer­ste toets met ses bou­lers be­gin en daar is ’n ge­voel dat die kolf­lys, ver­al met sy bro­se to­por­de, eer­der ver­sterk moet word. Dit be­te­ken dat Moeen Ali, wat tien paal­tjies in die eer­ste toets op Lord’s laat kan­tel het, die e­nig­ste draai­bal­bou­ler in die span sal wees.

Ma­lan (29) sal dan straks op nr. 5 kom kolf met Jon­ny Bair­stow, Ben S­to­kes en Ali wat al­mal een plek sal af­skuif in die kolf­lys. Dit blyk ’n veel meer ge­ba­lan­seer­de span te wees.

Ma­lan het in sy in­ter­na­si­o­na­le bui­ging ver­le­de maand be­ïn­druk toe hy ’n blit­si­ge 78 teen Suid-A­fri­ka in Car­diff ge­mo­ker het in die der­de T20-wed­stryd tus­sen die span­ne. Hy be­leef tans ’n goeie sei­soen in graaf­skap­krie­ket se meer­dag­reeks en het ’n ge­mid­del­de van 42.50 ná ses wed­stry­de.

We­st­ley (28) is baie goed op dreef in die­self­de kom­pe­ti­sie en het reeds t­wee hon­derd­tal­le en t­wee vyf­tig­tal­le in sy agt wed­stry­de (ge­mid­del­de van 53.11) ge­slaan. Am­per be­lang­ri­ker vir die En­gel­se brein­trust is dat hy ’n regs­han­di­ge kol­wer is. Kri­ti­ci in En­ge­land glo die feit dat En­ge­land drie hot­klou­kol­wers in sy eer­ste drie kolf­po­si­sies in die eer­ste t­wee toet­se aan­ge­wend het, het sa­ke heel­te­mal te mak­lik vir Ver­non P­hi­lan­der en Mor­né Mor­kel ge­maak. Al­bei bou­lers is uit­ste­kend wan­neer hul­le na hot­klou­kol­wers boul.

Die En­gel­se keur­ders het dan een fi­na­le be­sluit om te neem: Be­hou Mark Wood sy plek in die span as die der­de naat­bou­ler, of word To­by Ro­land-Jo­nes (29) die kans ge­gun om sy de­buut te maak?

Wood was En­ge­land se bes­te bou­ler in die een­dag­reeks teen die Pro­te­as en al die kol­wers het ge­suk­kel met sy kar­tet­se. Hy het eg­ter nog nie naas­ten­by die­self­de in­pak in die toets­reeks ge­had nie.

Sy ge­sa­ment­li­ke sy­fers tot dus­ver is 1/197 in die reeks. Hy is ver­on­der­stel om met sy vaart vrees by die Pro­te­as in te boe­sem, maar was op T­rent B­rid­ge sta­di­ger as Mor­né Mor­kel én Chris Mor­ris.

Hoe dit ook al sy, dit is En­ge­land wat nou al die vrae moet be­ant­woord voor die der­de toets, ter­wyl al die fo­kus in die op­bou na die t­wee­de toets op die be­soe­kers was.

Die Pro­te­as gaan net een ver­an­de­ring maak in die toets, met Du­an­ne O­li­vier wat gaan plek maak vir Ka­gi­so Ra­ba­da.

Fo­to: GETTY IMAGES

Da­wid Ma­lan in ak­sie vir Midd­le­sex.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.