Ki­wi’s mor reeds oor Pey­per in half­eind blaas

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus kan maar weet die Hur­ri­ca­nes gaan die na­week sterk fo­kus op ge­bieds­voor­deel in die Su­per­rug­by-half­eind­stryd op El­lis­park en gaan met lang lyn­skop­pe die tuis­span in sy eie ge­bied pro­beer vas­pen.

Die ’Ca­nes het gis­ter vol­uit be­gin voor­be­rei vir Sa­ter­dag se stryd na­dat hul­le Maan­dag net ’n lit­te­los­ma­ker in Jo­han­nes­burg ge­had het.

John Plum­tree, hul voor­spe­ler-af­rig­ter en ook ver­de­di­gings brei­er, h e­taan die Wel­ling­ton se koe­rant The Do­mi­ni­on Post ge­sê die lang lyn­skop­pe van Jor­die Bar­rett kan van groot be­lang vir die Ki­wi’s op die Ho­ë­veld wees, waar die bal ver­der vlieg as el­ders. Bar­rett, wat in die af­we­sig­heid van Vin­ce Aso as sen­ter in­ge­span is, sal weer heel­ag­ter speel met Aso te­rug in ak­sie.

“Ons ver­wag dat El­ton Jan­tjies en Ross Cron­jé vir Jor­die met hoë skop­pe gaan bom­bar­deer, maar hy is baie ste­wig on­der die hoë bal,” het Plum­tree ge­sê. “Dit gaan dalk in ons guns tel om hom weer te­rug te hê op heel­ag­ter.”

Plum­tree het ook ge­sê hy hoop daar gaan min­der skrums wees wat in­een­stort en weer ge­neem moet word, soos wat die ge­val was toe Ma­ri­us van der West­hui­zen die af­ge­lo­pe na­week se kwart­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Haaie han­teer het.

Hy sal ook wil hê dat Jaco Pey­per, die bla­ser in dié half­eind­stryd, moet toe­sien dat die stryd by die af­breek­pun­te op ge­ly­ke voet be­slis word.

Plum­tree sê die Leeus se Jaco K­riel en K­wag­ga S­mith val die af­breek­pun­te kwaai aan en dat die Hur­ri­ca­nes die af­breek­pun­te baie deeg­lik sal moet skoon­maak.

Die brei­er is ver­troud met hoe Pey­per wed­stry­de han­teer, aan­ge­sien hy al met hom te doen ge­kry het toe hy nog af­rig­ter van die Haaie in Dur­ban was.

In Nieu-See­land word daar kwaai gal ge­braak oor Pey­per toe­ge­laat word om die 31ste man op die veld te wees in Sa­ter­dag se uit­klop­stryd.

Die vraag word ge­vra op die web­werf Rug­by He­a­ven, in ’n be­rig wat ook in The Do­mi­ni­on Post ver­skyn het, hoe ob­jek­tief kan ’n bla­ser werk wees wat in ’n half­eind­stryd ’n wed­stryd han­teer van ’n span wat van sy ge­boor­te­land af­koms­tig is.

Die me­ning word uit­ge­spreek dat dié fa­mi­li­a­ri­teit wat daar tus­sen ’n skeids­reg­ter en ’n span waar­mee hy goed ver­troud is, be­staan, ’n on­ge­son­de si­tu­a­sie skep.

Om die per­sep­sie van voor­oor­deel teë te werk, moet daar eer­der van neu­tra­le skeids­reg­ters ge­bruik ge­maak word, lui die be­rig.

Die me­ning word ook uit­ge­spreek dat nét so mak­lik as wat be­slis­sings ge­sien kan word as ’n be­voor­de­ling van die tuis­span, kan dit ook ge­beur dat die skeids­reg­ter, in ’n po­ging om nie as een­o­gig ge­sien te word nie, be­slis­sings maak wat die span van sy ge­boor­te­land kan be­na­deel.

Om sul­ke si­tu­a­sies uit te ska­kel, moet ’n neu­tra­le skeids­reg­ter aan­ge­stel word wat geen di­rek­te ban­de met een van die span­ne se spe­lers het nie, lui­dens die be­rig.

Pey­per se vaar­dig­heid as skeids­reg­ter word nie met die be­rig in twy­fel ge­trek nie, maar daar word wel ge­sê dat sy aan­stel­ling vir die El­lis­park-krag­me­ting wenk­broue kan laat lig. Dit plaas die bla­ser in ’n “moei­li­ke en on­ge­mak­li­ke” po­si­sie.

Jaco Pey­per

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.