Cas­ter wil in die 800 én die 1 500 goud in Lon­den wen

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Cas­ter Se­me­nya sal na ver­wag­ting aan die 1 500 m én die 800 m deel­neem op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek fe­de­ra­sies( I AA F) se Wêreldbyeenkoms wat vol­gen­de wee kin Lon­den be­gin.

Way­de van Nie­kerk (400 m en 200 m) en A­ka­ni Sim­bi­ne (100 m en 200 m) gaan ook na dub­be­le suk­ses daar mik.

Vol­gens At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) is Se­me­nya se aan­soek vir die 1 500 m goed­ge­keur om­dat sy in 2016 in Dur­ban as die A­fri­ka-kam­pi­oen in dié nom­mer ge­kroon is en dus vir Lon­den kwa­li­fi­seer.

Sy het nog nie in 2017 haar stem in die 1 500 m dik ge­maak nie en tel nie on­der die voor­ste 160 at­le­te ter wê­reld in die lan­ger af­stand nie.

A­leck Sk­hosa­na, ASA-pre­si­dent, het ook be­ves­tig dat die IAAF ’n uit­no­di­ging aan SuidA­fri­ka se 4x400 m-vroue-af­los­span ge­stuur het. Daar is in­tus­sen be­sluit om drie at­le­te by die span te voeg om aan dié nom­mer deel te neem.

Jus­ti­ne Palf­ra­man‚ Ge­na Lof- strand en A­ri­a­ne Nel sal hul­le na ver­wag­ting by die span aan­sluit om die af­los­span te vorm.

Wen­da Nel, wat reeds in­ge­sluit is vir die 400 m-hek­kies, sal ook vir die af­los­nom­mer oor­weeg word.

Lof­strand, wat ook ’n 800 m­at­leet is, sal vol­gens ASA toe­ge­laat word om ook aan dié nom­mer deel te neem, ter­wyl Palf­ra­man ook toe­ge­laat sal word om haar slag in die 200 m te wys. A­ri­a­ne Nel neem net aan die af­los deel.

Se­me­nya se ap­pèl om vir die 1 500 m oor­weeg te word, is die waar­aan ASA ge­hoor ge­gee het.

Die IAAF het Suid-A­fri­ka se 4x100 m-af­los­span vir mans nie ge­nooi o min Lon­den te hard­loop nie na­dat A SA vroe­ër van­jaar be­sluit het om die na­si­o­na­le kam­pi­oen­skap op die­self­de na­week te hou as die Wê­reld af­los by­een­koms in die Ba­ha­mas.

Die at­le­te is se­dert­dien ook nie veel ge­leent­heid ge­gee om as een­heid saam te hard­loop nie, selfs al het Suid-A­fri­ka drie at­le­te wat die 100 m in 2017 on­der 10 se­kon­des ge­na­el het.

Cas­ter Se­me­nya

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.