Buit­mo­tor val in ri­vier­sand vas

Beeld - - Voorblad - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Dief wat ’n ge­steel­de Mer­ce­des-Benz van Dur­ban deur die Limpoporivier na Zim­bab­we wou smok­kel, het sy mo­ses te­ë­ge­kom toe die mo­tor in die ri­vier­sand vas­ge­val het.

B­rig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die 28-ja­ri­ge man is in heg­te­nis ge­neem.

Hy het die wit mo­tor blyk­baar met ’n seil en tak­ke pro­beer ka­moe­fleer toe hy nie ver­der kon ry nie.

Die po­li­sie het gis­ter op hom af­ge­kom ty­dens Va­la Ma­di, ’n groot­skaal­se o­pe­ra­sie wat daar­op ge­mik is om smok­ke­la­ry oor die grens na Zim­bab­we te be­kamp.

Le­de van die po­li­sie se tak­tie­se re­ak­sie-een­heid, o­pen­ba­re or­de-een­heid en die hon­de-een­heid werk in dié o­pe­ra­sie saam met die weer­mag in ver­al die Pa­fu­ri-, Beit­brug- en P­ont­drift­ge­bied aan die grens met Zim­bab­we.

’n Ford Ran­ger wat ook glo deur die ri­vier uit­ge­smok­kel sou word, is ook ge­kry.

Mo­ja­pe­lo sê die die­we het in die bos­se langs die ri­vier in­ge­hard­loop toe hul­le die po­li­sie ge­waar het.

Die o­pe­ra­sie het ook ’n ge­steel­de Ran­ge Ro­ver E­vo­que ter waar­de van so­wat R900 000 op­ge­le­wer. Die be­stuur­der wou by die Beit­brug-grens­pos daar­mee Zim­bab­we toe ry.

Dit is on­be­kend waar dié mo­tor ge­steel is, maar die po­li­sie het vas­ge­stel dit was vir Ma­la­wi be­stem.

Die luuk­se­mo­tor is in Lim­po­po ge­re­gis­treer.

Die be­stuur­der is in heg­te­nis ge­neem.

Hy het R30 000 by hom ge­had.

Daar is ook op tal­le ge­steel­de voer­tuie op die N1-hoof­weg bui­te Mu­si­na be­slag ge­lê.

Die mo­tors was blyk­baar al­mal op pad om deur die grens­pos ge­smok­kel te word.

’n Au­di A6 wat so­wat R400 000 werd is, ’n Mer­ce­desBenz C180 ter waar­de van R380 000 en ’n Dat­sun Go van so­wat R90 000 is só te­rug­ge­kry.

Lt.genl. N­ne­ke Ledwa­ba, po­li­sie­hoof in Lim­po­po, sê van die mo­tors be­hoort aan ver­hu­rings­maat­skap­pye.

Die ver­dag­tes sal eers­daags in die land­dros­hof in Mu­si­na op aan­klag­te van on­der meer mo­tor­dief­stal ver­skyn.

’n Ge­steel­de Toyo­ta-dub­bel­ka­juit­bak­kie het in De­sem­ber ook in die ri­vier­sand vas­ge­sit.

Die po­li­sie het die bak­kie van­uit ’n he­li­kop­ter op­ge­merk toe Zim­bab­wi­ërs hom met don­kies uit die sand pro­beer trek het.

Die Zim­bab­wi­ërs het weg­ge­hard­loop toe die po­li­sie na­der kom en die don­kies het la­ter weg­ge­dren­tel.

Fo­to: SAPD

Dié Mer­ce­des­Benz, wat in Dur­ban ge­steel is, het in ’n sand­bank in die Limpoporivier na­by die Beit­brug­grens­pos tus­sen Suid­A­fri­ka en Zim­bab­we vas­ge­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.