K­ho­za kry regs­ad­vies oor ANC se tug­ver­hoor

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Dr. Mak­ho­si K­ho­za, ANC-LP, raad­pleeg haar regs­ver­teen­woor­di­ger na­dat in­ter­ne tug­stap­pe teen haar in­ge­stel is.

Sy glo die aan­klag­te teen haar is ’n te­ken dat die re­ge­ren­de par­ty nie af­wy­ken­de stem­me duld nie, het K­ho­za gis­ter­mid­dag in ’n ver­kla­ring uit­ge­vaar na­dat die ANC haar amp­te­lik in­ge­lig het dat haar tug­ver­hoor op 10 Sep­tem­ber ge­hou word.

K­ho­za sê sy het haar be­den­kin­ge oor die reg­ver­dig­heid wat sy van die pro­ses kan ver­wag, aan­ge­sien se­ni­or ANC-le­de reeds haar kop ge­ëis het.

Sy wei­er ook om die vei­lig­heids­maat­re­ëls te aan­vaar wat die po­li­sie en par­le­ment “uit­ein­de­lik” vir haar ge­re­ël het nie.

K­ho­sa het vroe­ër ’n be­roep op pres. Ja­cob Zu­ma ge­doen om te be­dank en ver­soek dat ’n ge­hei­me stem­ming in die wan­trou­e­mo­sie teen hom toe­ge­laat word.

“Ver­skeie se­ni­or ANC-le­de het in die on­lang­se ver­le­de kom­mer oor die pre­si­dent ge­op­per.

“Daar is nie teen daar­die in­di­vi­due op­ge­tree nie. Die ANC sal moet ver­dui­de­lik waar­om ek uit­ge­son­der word.

“As ’n le­wens­lan­ge lid van die ANC re­spek­teer ek die pro­ses­se van die or­ga­ni­sa­sie en ek sal die tug­ver­hoor by­woon soos ver­eis word,” het sy ge­sê.

“Ek het eg­ter aan­sien­li­ke be­den­kin­ge oor die reg­ver­dig­heid wat ek van die pro­ses kan ver­wag ge­ge­we dat se­ni­or lei­ers my ont­slag uit die ANC in die o­pen­baar ge­ëis het,” lui haar ver­kla­ring.

K­ho­za het te vel­de ge­trek teen die hui­di­ge ANC-lei­ers wat vol­gens haar nie meer die men­se eer­ste stel nie.

“Ons hui­di­ge lei­ers leef nie die waar­des van die or­ga­ni­sa­sie uit nie, tog pas hul­le de­le van die or­ga­ni­sa­sie se grond­wet se­lek­tief toe om stem­me van on­te­vre­den­heid te snoer.”

Sy sê sy word ver­volg om­dat sy nie meer die par­ty ge­hoor­saam nie.

“Ek kan nie kor­rup­sie, plun­de­ry en ’n ver­ont­ag­sa­ming van die men­se wat ons in be­heer ge­bring het en die on­der­steu­ning van groei­en­de klep­to­kra­sie aan­vaar nie.

“My ANC ver­smoor re­de­lik­heid, mo­ra­li­teit en e­tie­se op­tre­de.

“My uit­spra­ke in die on­lang­se ver­le­de weer­spie­ël een­vou­dig dít wat mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners ge­sê het: Hul­le het ge­noeg ge­had.

“Om van­dag aan die kant van die ANC te wees, verg van my om my mo­re­le waar­des te ver­ont­ag­saam. Ek is nie meer be­reid om ’n a­po­lo­geet vir ’n or­ga­ni­sa­sie en lei­er te wees wat die pad bys­ter ge­raak het nie.”

Dit is in dié kon­teks dat sy ook be­sluit het om nie die be­sker­ming te aan­vaar wat die po­li­sie haar aan­ge­bied het nie.

“Al die kwes­sies is ver­want. Ek kan nie van my laks­man ver­wag om my te be­ge­na­dig nie.”

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.