Sam­wu­op­tog kan Pta se mid­de­stad ont­wrig

Beeld - - Nuus -

P­re­to­ri­a­se mo­to­ris­te is ge­waar­sku om van­dag al­ter­na­tie­we roe­tes te ry en ver­tra­gings te ver­wag wan­neer le­de van die Suid-A­fri­kaan­se Mu­ni­si­pa­le Wer­kers­u­nie (Sam­wu) van 09:00 tot om­streeks 12:30 ’n op­tog deur die mid­de­stad gaan hou.

Die op­tog sal van die ou bus­de­pot in Ma­ra­ba­stad tot by Tshwa­ne-Huis gaan waar Sam­wu ’n me­mo­ran­dum met hul grie­we aan die stads­be­stuur­der sal oor­han­dig.

“Die werk­ne­mers het te doen met ’n werk­ge­wer wat daag­liks diens­voor­waar­des ver­an­der en her­struk­tu­reer,” sê Sam­wu in ’n ver­kla­ring.

Die op­tog sal in St­ru­ben­straat wes be­weeg, links draai in K­go­si Mam­pu­rustraat, regs in Sophie de Bruyn­straat, ver­by Jo­han­nes Ra­mok­ho­a­sestraat, links in Ma­di­bastraat tot by Tshwa­ne-Huis.

Me­tro­po­li­sie­be­amp­tes sal ont­plooi word om die op­tog dop te hou en al­le stra­te wat ge­raak word, te mo­ni­tor. – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.