SA va­kan­sie word nag­mer­rie

Eg­paar moet vlug­te kan­sel­leer, kou na­els

Beeld - - Nuus - Si­mon Sonnekus

’n S­wan­ger so­praan en haar te­noor-man is am­per in SuidA­fri­ka ge­strand na­dat die mo­tor waar­in hul­le ge­ry het met al haar reis­do­ku­men­te in by die Em­ma­ren­ti­a­dam in Jo­han­nes­burg ge­steel is.

Lin­da van Cop­pen­ha­gen, ’n Suid-A­fri­ka­ner wat in Duits­land woon, is saam met haar man, Ro­bert Sel­lier, met va­kan­sie in Suid-A­fri­ka.

Hul­le het in die park ge­stap toe die mo­tor ge­steel is. “Ons het al ons kos­ba­re be­sit­tings in die mo­tor ge­los. Ons was juis bang dat ie­mand ons daar sou be­roof,” sê Van Cop­pen­ha­gen.

Sy het vroe­ër die dag haar Suid-A­fri­kaan­se ry­be­wys pro­beer her­nu na­dat dit ver­val het en het daar­om al haar do­ku­men­te by­der­hand ge­had.

Haar ver­loof- en trou­ring van by­na R80 000 het ook on­der meer in die slag ge­bly.

Die eg­paar is in ’n stryd teen die tyd ge­wik­kel om haar nu­we pas­poort be­tyds te kry so­dat sy na Duits­land kan te­rug­vlieg. Sy het ’n nood­pas­poort be­kom, maar die Duit­se am­bas­sa­de aan­vaar dit nie.

“Ons moes Dins­dag ons vlug­te uit­stel en Ro­bert het ge­volg­lik ’n ver­to­ning ge­mis. Ek is ses maan­de s­wan­ger en van vol­gen­de Maan­dag af sal ek vol­gens Luft­han­sa te ver s­wan­ger wees om te vlieg,” sê sy. As sy ná dié da­tum vlieg,

‘‘

Ek is ses maan­de s­wan­ger en van vol­gen­de Maan­dag af sal ek vol­gens Luft­han­sa te ver s­wan­ger wees om te vlieg.

— LIN­DA VAN COP­PEN­HA­GEN

sal sy ’n ver­kla­ring van ’n dok­ter moet kry.

“Ons kou ons na­els en hoop dat ons die pas­poort teen die ein­de van die na­week kan kry en kan vlieg.”

Die paar­tjie sê hul va­kan­sie in Suid-A­fri­ka was lek­ker, maar ook siel­kun­dig uit­mer­ge­lend. “Ons moes so lank in toue staan en wag, en dan weer wag voor­dat ons ’n ant­woord kry,” sê Sel­lier.

Hul­le sien uit na hul te­rug­keer na hul huis in Hal­le, in die sui­de van Duits­land.

“Ons hoop ons kry voor die ein­de van die week goeie nuus. Hier­die va­kan­sie was ’n bie­tjie van ’n nag­mer­rie,” sê Van Cop­pen­ha­gen.

Da­vid Hla­ba­ne, woord­voer­der van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke, het gis­ter ge­sê die pas­poort is in ’n pak­huis en sal van­og­gend by die de­par­te­ment se kan­toor in Rand­burg wees.

Fo­to: SI­MON SONNEKUS

Na­dat ’n mo­tor met haar pas­poort daar­in ge­steel is, het die so­praan Lin­da van Cop­pen­ha­gen en haar man, Ro­bert Sel­lier, se va­kan­sie in ’n nag­mer­rie ont­aard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.