Wi­id sê niks oor re­ak­sie op 70 klag­te

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

So­wat 70 klag­te teen die s­pre­ker G­re­tha Wi­id is by die Men­se­reg­te­kom­mis­sie in­ge­dien “na­dat ’n veld­tog op so­si­a­le me­dia teen haar ge­voer is”.

Wi­id se pro­ku­reur het gis­ter be­ves­tig sy het ’n brief van die MRK ont­vang.

Die MRK sê die brief is op 14 Ju­lie aan haar ge­stuur en sy moet bin­ne 21 dae ná die ont­vangs daar­van op die be­we­rings teen haar re­a­geer.

Vol­gens die MRK het hy so­wat 70 klag­te teen Wi­id ont­vang oor haar uit­la­tings oor ho­mo­sek­su­a­li­teit. Hy on­der­soek tans die saak.

Bu­ang Jo­nes, Gau­teng­se be­stuur­der van die MRK, het vroe­ër ge­sê die kom­mis­sie het die klag­te be­stu­deer en tot die slot­som ge­kom dat dit wel on­der die MRK se ju­ris­dik­sie val.

“Die pri­ma fa­cie-oor­tre­dings hou ver­band met die reg op ge­lyk­heid, kin­der­reg­te en vry­heid van uit­druk­king,” sê Jo­nes.

Wil­lie S­pies, haar pro­ku­reur, sê hul­le gaan nie in dié sta­di­um sê hoe sy gaan re­a­geer nie.

“Sy sal bin­ne die tyds­raam­werk soos ge­stel deur die MRK re­a­geer op die kor­re­spon­den­sie,” sê S­pies.

Hy wys daar­op dat die MRK nie ’n saak teen Wi­id aan­han­gig ge­maak het nie.

“Die MRK on­der­soek wel klag­te wat ná ’n ge­or­kes­treer­de veld­tog op so­si­a­le me­dia deur le­de van die pu­bliek by die MRK teen Wi­id aan­han­gig ge­maak is.”

Dit kom na­dat Wi­id in haar boe­ke vir tie­ners, Lyfslim vir seuns en Lyfslim vir mei­sies, ge­skryf het dit is hart­seer as ie­mand ho­mo­sek­su­eel is.

Die boe­ke is nog in win­kels en op die in­ter­net te koop.

Gie­lie Hoff­mann, ’n gees­tes­brei­er van P­re­to­ria wat ook ’n klag aan­han­gig ge­maak het, het vroe­ër ge­sê Wi­id mis­lei “kwes­ba­re min­der­ja­ri­ges” en dit is roe­ke­loos om sul­ke uit­la­tings in ’n tie­ner­boek te maak.

“Haar uit­spra­ke is ver­doe­mend en sim­plis­ties en son­der hoop vir ’n kind wat wor­stel,” sê Hoff­mann.

Dr. El­ma­ri Mul­der Craig, sek­su­o­loog en voor­ma­li­ge pre­si­dent van die Suid-A­fri­kaan­se Ver­e­ni­ging vir Sek­su­e­le Ge­sond­heid, het vier boe­ke van Wi­id ná die her­rie oor haar uit­spra­ke be­stu­deer en ’n ver­slag vir die MRK daar­oor ge­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.