‘O ja, daar­die ge­skenk! Ek ont­hou so iets . . . ’

Beeld - - Nuus -

Sex, d­rugs . . . en ’n ver­ge­te An­dy War­hol-ge­skenk wat waar­skyn­lik so­wat $10,5 mil­joen (so­wat R137 mil­joen) werd is.

In die kleur­ry­ke le­we van die roc­ker A­li­ce Cooper is dit maar net een van die goed wat ge­beur.

Die BBC be­rig Cooper het skoon ver­geet hy het in die 1970’s ’n War­hol-kuns­werk pre­sent ge­kry. Die ti­tel van die kuns­werk is Litt­le E­lec­tric C­hair.

Nou, 40 jaar la­ter, is dié klas­sie­ke en ui­ters waar­de­vol­le War­hol­kuns­werk op­ge­rol ge­kry waar dit saam met ou toer­toe­rus­ting van Cooper ge­berg is. S­hep Gor­don, wat ja­re lank Cooper se be­stuur­der was, sê dit was ’n tyd van rock ’n roll, dwelms en drank.

Cooper en sy des­tyd­se vrien­din, Cin­dy Lang, het New York toe ge­trek, daar ken­nis ge­maak met War­hol en lek­ker in War­hol se S­tu­dio 54-nag­klub saam­ge­kui­er.

Vol­gens The Gu­ar­di­an het Lang (wat vroe­ër van­jaar dood is) blyk­baar

$2 500 vir die kuns­werk be­taal.

War­hol het ’n reeks af­druk­ke van die e­lek­trie­se stoel vir te­reg­stel­ling in die Sing Sing-tronk ge­maak en dié af­druk kom uit daar­die reeks.

Ri­chard Pol­sky, War­hol-des­kun­di­ge, sê die kuns­werk is eg.

Gor­don sê Cooper ont­hou vaag­weg dat hy des­tyds met War­hol oor die kuns­werk ge­praat het.

Fo­to: REU­TERS

A­li­ce Cooper

So lyk die kuns­werk Litt­le E­lec­tric C­hair.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.