Selfs die Pen­ta­gon is ver­ras

Trump se twiets is on­van­pas – M­cCain

Beeld - - Nuus -

Pres. Do­nald Trump van die VSA se aan­kon­di­ging op T­wit­ter dat trans­gen­der-men­se nie in e­ni­ge hoe­da­nig­heid in die weer­mag mag dien nie, is gis­ter wyd ge­kri­ti­seer.

Se­ke­re kon­ser­wa­tie­we ak­ti­vis­te en Re­pu­bli­kei­ne steun hom wel.

“Ná kon­sul­ta­sie met my ge­ne­raals en mi­li­tê­re ken­ners is be­sluit die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring sal geen trans­gen­der-men­se toe­laat om in e­ni­ge hoe­da­nig­heid in die A­me­ri­kaan­se weer­mag te dien nie,” het Trump ge­twiet.

Ba­rack O­ba­ma het ’n be­leid in­ge­stel waar­vol­gens trans­gen­der-men­se o­pen­lik in die weer­mag kon dien.

“Ons weer­mag moet daar­op ge­fo­kus wees om be­slis­sen­de en oor­wel­di­gen­de oor­win­nings te be­haal en kan nie be­las word met die as­tro­no­mie­se me­die­se kos­te en die ont­wrig­ting wat trans­gen­der-men­se in die weer­mag sal ver­oor­saak nie,” het Trump ge­twiet.

Nan­cy Pe­lo­si, top-De­mo­kraat in die raad van ver­teen­woor­di­gers, sê in ’n stu­die wat die Pen­ta­gon aan­ge­vra het, is be­vind trans­gen­der­ver­wan­te me­die­se kos­te sou slegs ’n hon­derd­ste van 1% van die weer­mag se ge­sond­heids­be­gro­ting uit­maak.

“Pres. Trump het weer ge­wys sy be­slui­te word deur rou voor­oor­deel ge­dryf,” sê Pe­lo­si.

As pre­si­dents­kan­di­daat het Trump ge­sê hy sal veg om die reg­te van les­bi­ërs, gays, bi­sek­su­e­le en trans­gen­der-men­se.

Trump se twiets het selfs die Pen­ta­gon on­kant be­trap.

Vloot­kapt. Jeff Da­vis, Pen­ta­gon-woord­voer­der, wou nie gis­ter kom­men­taar le­wer nie.

“Bel die Wit­huis,” het Da­vis ge­sê.

Die Wit­huis het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Die Re­pu­bli­kein­se sen. John M­cCain sê Trump se aan­kon­di­ging is “on­van­pas” om­dat die Pen­ta­gon nog in die pro­ses is om die be­trok­ke kwes­sie te oor­weeg.

Die twiets het nie ge­sê hoe die ver­bod op trans­gen­der-sol­da­te toe­ge­pas word nie.

Dit is ook on­dui­de­lik wat die lot is van trans­gen­der-men­se wat tans in die weer­mag dien.

To­ny Perkins, pre­si­dent van die druk­groep Fa­mi­ly Re­se­arch Coun­cil, is een van dié wat die be­sluit ge­loof het.

“Ons troe­pe moe­nie ge­dwing word om ure lan­ge trans­gen­der-‘sen­si­ti­wi­teit­sklas­se’ en po­li­tiek kor­rek­te af­lei­ding te ver­duur nie,” sê hy.

Fo­to: REU­TERS

Pres. Do­nald Trump

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.