Trump se segs­man dreig oor uit­lek­ke­ry

Beeld - - Nuus -

Die man wat aan­ge­stel is om te ver­se­ker dat pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka doel­tref­fen­der met die me­dia kom­mu­ni­keer, sê hy is reg om te doen wat no­dig is om te ver­se­ker dat le­de van die ad­mi­nis­tra­sie nie meer in­lig­ting aan die me­dia uit­lek nie.

An­tho­ny S­ca­ra­muc­ci, Trump se nu­we di­rek­teur van kom­mu­ni­ka­sie, sê hy is be­reid om al­mal wat in­lig­ting aan die me­dia uit­lek, af te dank.

S­ca­ra­muc­ci het eer­gis­ter aan ver­slag­ge­wers ge­sê hy is nie nood­wen­dig be­sig met ’n on­der­soek daar­na nie, maar dat hy wel gaan keer dat in­lig­ting uit­ge­lek word.

Hy sê die pre­si­dent het hom die mag ge­gee om dit te doen.

Die Trump-ad­mi­nis­tra­sie is be­kom­merd na­dat in­lig­ting wat uit­ge­lek is mid­de-in die on­der­soek na die Rus­se se aan­deel in die uit­slag van die A­me­ri­kaan­se ver­kie­sing by ver­skeie ge­leent­he­de ska­de ver­oor­saak het.

Trump het ge­vra dat dit on­der­soek word.

Hy het S­ca­ra­muc­ci, ’n ver­skan­sings­fonds­be­stuur­der, Vry­dag aan­ge­stel.

S­ca­ra­muc­ci is ’n ge­sou­te TV­kom­men­ta­tor, maar het be­perk­te er­va­ring in die kom­mu­ni­ka­sie­be­dryf.

Hy neem die rol oor om die pre­si­dent se bood­skap­pe aan die me­dia te ont­wik­kel ter­wyl Trump se ge­wild­heid steeds af­neem en hy daar­by boon­op suk­kel om sy a­gen­da in die wet­ge­wer te be­vor­der.

Se­an S­pi­cer het uit pro­tes teen S­ca­ra­muc­ci se aan­stel­ling as woord­voer­der be­dank en sy ad­junk, Sa­rah Hucka­bee San­ders, gaan hom nou ver­vang.

S­ca­ra­muc­ci het die na­week op Fox News be­lo­we om ’n goed­voel-era te be­gin en ge­sê hy hoop om “’n po­si­tie­wer gees te skep”. – AP

Fo­to: REU­TERS

An­tho­ny S­ca­ra­muc­ci, die Wit­huis se nu­we di­rek­teur van kom­mu­ni­ka­sie, praat met die me­dia bui­te die Wit­huis in Washing­ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.