Dood­ge­skiet ná po­li­sie glo skrik

Beeld - - Nuus -

Die Aus­tra­lie­se vrou wat deur ’n A­me­ri­kaan­se po­li­sie­man dood­ge­skiet is na­dat sy die po­li­sie ont­bied het, het met haar hand op die bak­werk van die po­li­sie­mo­tor ge­slaan, wat die po­li­sie­man­ne laat skrik het voor­dat die nood­lot­ti­ge skoot af­ge­vuur is, be­rig CNN.

Een van die po­li­sie­le­de wat in die mo­tor was, het aan on­der­soe­kers ge­sê ’n har­de ge­luid na­by die voer­tuig het hom laat skrik.

Die vrou, Jus­ti­ne Rusz­czyk, het die be­stuur­ders­kant van die voer­tuig di­rek daar­na ge­na­der en is toe glo deur Mo­ha­med Noor, wat in die pas­sa­sier­sit­plek ge­sit het, in die buik ge­skiet.

Lui­dens ’n las­brief wat deur le­de van die me­dia be­kom is, “slaan ’n vrou die ag­ter­kant van die po­li­sie­voer­tuig net na­dat die po­li­sie op die to­neel aan­ge­kom het”.

“Dit is daar­na nie dui­de­lik wat pre­sies ge­beur het nie, maar die vrou is dood.”

Rusz­czyk (40) het die po­li­sie op 15 Ju­lie om­streeks 11:30 ont­bied en hul­le ge­vra om on­der­soek in te stel na ’n moont­li­ke sek­su­e­le aan­ran­ding na­by haar huis in Min­ne­a­po­lis, Min­ne­so­ta.

Mi­cha­el Har­ri­ty en Noor het in ’n pa­trol­lie­mo­tor op die to­neel aan­ge­kom. Min­der as ’n half­uur la­ter is Rusz­czyk dood.

Har­ri­ty, wat die mo­tor be­stuur het, is deur on­der­soe­kers on­der­vra, maar Noor het tot dus­ver ge­wei­er om on­der­vra te word.

Rusz­czyk sou in Au­gus­tus met die A­me­ri­ka­ner Don Da­mond ge­trou het.

Fo­to: REU­TERS

Jus­ti­ne Rusz­czyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.