Po­li­sie be­kyk dood van kan­ker­ly­ers

DA wil mi­nis­ter, LUR aan­kla

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Die po­li­sie in Dur­ban gaan on­der­soek in­stel na die dood van kan­ker­pa­si­ën­te wat nie be­han­del kon word nie om­dat die be­stra­lings­ma­sjie­ne in twee hos­pi­ta­le stuk­kend was.

Dr. Im­ran Keeka, DALPW en -woord­voer­der oor ge­sond­heid in K­waZu­luNa­tal, en Pa­tri­cia Ko­pa­ne, DA-LP en die par­ty se na­si­o­na­le woord­voer­der oor ge­sond­heid, wou gis­ter ’n klag van straf­ba­re man­slag by die Dur­ban-Punt-po­li­sie­kan­toor in­dien teen dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, en dr. Si­bon­gi­se­ni Dhlo­mo, K­waZu­lu-Na­tal­se LUR vir ge­sond­heid, weens die dood van ver­moe­de­lik meer as 300 kan­ker­pa­si­ën­te.

Die po­li­sie wou die klag nie aan­vaar nie, maar het on­der­neem om die saak te on­der­soek om te be­paal of straf­reg­te­li­ke oor­tre­dings ge­pleeg is.

Kol. T­hem­be­ka M­bhe­le, ’n pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die klag van straf­ba­re man­slag kon nie aan­vaar word nie om­dat nie­mand die na­me van e­ni­ge oor­le­de­nes kon gee nie.

Kan­ker­pa­si­ën­te is glo dood om­dat stuk­ken­de be­stra­lings­ma­sjie­ne nie reg­ge­maak is nie. Nog ’n pro­bleem is dat so­veel on­ko­loë staats­hos­pi­ta­le vir die pri­va­te sek­tor ver­laat het.

Ko­pa­ne sê Mot­so­a­le­di en Dhlo­mo moet straf­reg­te­lik aan­spreek­lik ge­hou word vir die pa­si­ën­te se dood.

Die Men­se­reg­te­kom­mis­sie het be­vind die de­par­te­ment, Dhlo­mo en die Ad­ding­to­nen die In­ko­si Al­bert Lut­hu­li-hos­pi­taal het dié pa­si­ën­te se men­se­reg­te ge­skend.

Dit is on­be­kend hoe­veel kan­ker­pa­si­ën­te die af­ge­lo­pe jaar dood is ter­wyl hul­le op be­han­de­ling ge­wag het.

Ko­pa­ne sê die si­tu­a­sie is er­ger as die Li­fe E­si­di­me­ni­tra­ge­die, waar­in tien­tal­le psi­gi­a­trie­se pa­si­ën­te dood is weens swak ver­sor­ging.

Sy sê drie keer so­veel kan­ker­pa­si­ën­te is dood. “Die LUR moes da­de­lik be­dank het na­dat die MRK se ver­slag be­kend ge­maak is.”

Fo­to: T­WIT­TER

Dr. Im­ran Keeka en Pa­tri­cia Ko­pa­ne gis­ter­og­gend by die Dur­ban­Punt­po­li­sie­kan­toor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.