Boe­te bly ná skoot in kroeg

Wild­boer mag wel wa­pens hê

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Wild­plaas­ei­e­naar wat sy pis­tool in ’n kroeg uit­ge­haal het om­dat dit sy broek laat af­sak het en dit vir die kroeg­kel­ner aan­ge­gee het, het ver­geefs ge­ap­pel­leer teen sy skul­dig­be­vin­ding en von­nis weens dié op­tre­de.

Ja­co­bus Da­niel Ven­ter is vroe­ër in die streek­hof in Be­no­ni daar­aan skul­dig be­vind dat hy sy pis­tool nie op die voor­ge­skre­we ma­nier toe­ge­sluit het nie.

Sy op­tre­de het mee­ge­bring dat ie­mand sy pis­tool ge­vat en ’n klant in die kroeg dood­ge­skiet het.

Die streek­hof het Ven­ter vroe­ër ge­von­nis tot ’n boe­te van R20 000 of 12 maan­de tronk­straf. Nog 12 maan­de tronk­straf is vir vyf jaar op­ge­skort.

Twee reg­ters in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het Ven­ter se ap­pèl nou van die hand ge­wys. Hul­le het wel die streek­hof se be­vel dat Ven­ter on­ge­skik is om ’n vuur­wa­pen te be­sit ter­sy­de ge­stel. Hy is dus nou ge­skik om ’n vuur­wa­pen te be­sit.

Hy en sy vriend Chris Ehlers was op 20 De­sem­ber 2012 tus­sen 13:00 en 14:00 in die Ducks Inn in Be­no­ni, lui die uit­spraak.

’n Paar uur la­ter het Ven­ter die kroeg­kel­ner ge­vra om sy wa­pen weg te sit. Dit het in Ehlers se teen­woor­dig­heid ge­beur.

“Dit het hom (Ven­ter) ge­pla om­dat dit sy broek af­ge­trek het,” het die hof ge­sê.

Hy het die pis­tool in ’n ske­de aan die kel­ner ge­gee. Sy het dit ag­ter ’n skryf­be­hoef­te­boks on­der die toon­bank ge­sit. Die kroeg het nie ’n kluis vir vuur­wa­pens ge­had nie.

“Om die vuur­wa­pen te be­reik, moes ’n mens ag­ter die toon­bank in­gaan, af­buk en uit­reik,” het die hof ge­sê.

Tus­sen 18:00 en 19:00 het Le­on Roos (44) op­ge­daag. ’n S­try­e­ry en vuis­ge­veg oor geld het tus­sen Roos en Ehlers ont­staan.

Ehlers is ag­ter die kroeg­toon­bank in en het die pis­tool ge­vat.

Ven­ter het dit ver­geefs by Ehlers pro­beer af­vat. Hul­le het ge­stoei. Die pis­tool het ge­val en oor die vloer ge­gly. Ehlers het dit op­ge­tel en Roos ge­skiet. Roos is dood.

Ven­ter het in sy ver­hoor ge­tuig hy het ge­weet hy moet die pis­tool op ’n vei­li­ge plek bê­re. Hy het dit aan die kroeg­kel­ner ge­gee om te hou, want hy was bang ie­mand an­ders gryp dit uit die ske­de aan sy lyf.

Die reg­ters het ge­sê die per­soon wat di­rek­te be­heer oor die pis­tool ge­had het, was die kroeg­kel­ner, want Ven­ter kon nie sien waar sy die wa­pen (bui­te sy sig) ge­plaas het nie. Ven­ter het haar voor Ehlers ge­vra om dit weg te sit. Ehlers het die si­tu­a­sie met do­de­li­ke ge­vol­ge uit­ge­buit.

Die hof het ge­sê Ven­ter was 26 met ’n ge­sin toe dit ge­beur het. Hy het so­wat 120 werk­ne­mers en ’n wild­plaas met in­ter­na­si­o­na­le aan­sien en ver­blyf­ge­rie­we van so­wat R10 mil­joen.

Ven­ter het ook li­sen­sies vir twee jag­ge­we­re.

Die hof het ge­sê Ven­ter kan die boe­te be­kos­tig.

Die reg­ters het be­vind die oor­tre­ding is erns­tig en die streek­hof het nie ’n dwa­ling met die von­nis be­gaan nie.

Die reg­ters het ge­sê om Ven­ter on­ge­skik te ver­klaar om vuur­wa­pens te be­sit, sal hom ook al­le an­der vuur­wa­pens laat ver­beur. Hul­le het be­vind die streek­hof het nie Ven­ter se be­lan­ge be­hoor­lik oor­weeg as daar ge­kyk word na die aard van sy sa­ke­on­der­ne­ming en die re­la­tief groot per­so­neel op ’n plaas “in ’n land met ’n ver­hoog­de mis­daad­sy­fer nie”.

Ehlers (50) is vol­gens Be­no­ni Ci­ty Ti­mes in 2015 tot 15 jaar tronk­straf ge­von­nis weens die moord op Roos, vyf jaar weens die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en 12 maan­de weens die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.