Nog g’n stap­pe teen Mas­ha­ba

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

On­danks drei­ge­men­te is geen reg­stap­pe tot dus­ver teen Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, ge­doen om­dat hy ge­sê het die stad is nie ver­ant­woor­de­lik daar­voor om vas­te be­hui­sing aan bui­te­lan­ders te ver­skaf nie.

Luy­an­da M­fe­ka, Mas­ha­ba se woord­voer­der, sê die me­tro ver­skaf be­hui­sing in­ge­vol­ge wet­ge­wing.

“Dit sluit in ty­de­li­ke ver­blyf aan e­nig­een in ’n nood­ge­val. Die me­tro het em­pa­tie met vlug­te­lin­ge, a­siel­soe­kers en bui­te­lan­ders son­der gel­di­ge do­ku­men­te wat huis­ves­ting vra. Na­si­o­na­le wet­ge­wing be­paal dat net SuidA­fri­kaan­se bur­gers en men­se met vas­te ver­blyf­reg vir vas­te be­hui­sing kwa­li­fi­seer.”

Mas­ha­ba is vroe­ër ge­kri­ti­seer na­dat hy lui­dens be­rig­te ge­sê het be­hui­sing is die na­si­o­na­le re­ge­ring se ver­ant­woor­de­lik­heid en nie die me­tro s’n nie. Hy het men­se­reg­teen in­ter­na­si­o­na­le or­ga­ni­sa­sies ge­vra om geld te skenk as hul­le wil hê die me­tro moet be­hui­sing aan bui­te­lan­ders ver­skaf.

Die So­cio-E­co­no­mic Rig­hts In­s­ti­tu­te of South A­fri­ca (Se­ri) het vroe­ër van­dees­week ge­sê die me­tro ver­ont­ag­saam die Grond­wet as hy wei­er om be­hui­sing aan bui­te­lan­ders te ver­skaf. Se­ri ver­teen­woor­dig tal­le men­se wat uit ge­kaap­te ge­boue in Jo­han­nes­burg ge­skop is.

M­fe­ka sê Mas­ha­ba se vi­sie is om weer le­we in die mid­de­stad te blaas en la­e­kos­te­be­hui­sing aan Suid-A­fri­ka­ners te ver­skaf.

Mas­ha­ba het ’n wer­koor­een­koms met Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, vir wets­toe­pas­sing om ge­kaap­te ge­boue te han­teer.

“Die mi­nis­ter het brood­no­di­ge steun aan­ge­bied om klop­jag­te in die be­trok­ke ge­boue te doen.”

Mas­ha­ba het van­jaar ook im­mi­gran­te die har­nas in­ge­jaag met sy uit­la­ting dat hy ’n muur om Jo­han­nes­burg wil bou om on­wet­ti­ge im­mi­gran­te uit te hou.

Die me­tro het van­jaar 98 men­se son­der gel­di­ge do­ku­men­te aan­ge­keer in ’n mis­daad­voor­ko­mings­op­tre­de in ver­skeie ge­kaap­te ge­boue in Da­vies­straat, Doorn­fon­tein.

Her­man Mas­ha­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.