In­braak by li­sen­sie­kan­toor: ‘Hul­le het ge­weet wat hul­le soek’

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Sol­ly M­si­man­ga, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van Tshwa­ne, sê hy glo dit is on­moont­lik dat die on­lang­se in­bra­ke by van die stad se li­sen­sie­kan­to­re al­mal bloot toe­val­lig was.

“Hoe los jy ’n ma­sjien wat R150 000 kos en steel een wat net R2 000 kos? Die men­se het ge­weet waar­voor hul­le ge­soek het en het net dít wat die mees­te cha­os sou ver­oor­saak, ge­vat.”

M­si­man­ga het gis­ter die A­ka­sia-li­sen­sie­kan­toor in die noor­de van P­re­to­ria be­soek.

Die bur­ge­mees­ter het be­ves­tig on­der­soe­ke na die in­bra­ke duur voort. Hy sê plan­ne word be­raam om die pro­ses­se by die kan­to­re so gou as moont­lik te laat nor­ma­li­seer.

“Ons kan­to­re in Cen­tu­ri­on suk­kel by­voor­beeld, want daar is nie ’n ma­sjien vir oog­toet­se nie. Ons vra dus dat men­se hul oë by ’n oog­kun­di­ge gaan toets en die uit­slae vir ons bring. Dit sal al klaar help.”

M­si­man­ga sê ook daar is plan­ne om vei­lig­heid by sul­ke kan­to­re te ver­be­ter en die toue kor­ter en vin­ni­ger te maak so­dat in­wo­ners “so min on­ge­rief as moont­lik” hoef te ver­duur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.