Ba­ba sterf toe kar en bak­kie na­by Cen­tu­ri­on bots

Beeld - - Nuus -

Pa­ra­me­di­ci het gis­ter­og­gend op ’n on­ge­luks­to­neel op die N14-hoof­weg in Cen­tu­ri­on ’n vrou op die ag­ter­ste sit­plek van een van die voer­tuie aan­ge­tref waar sy haar dooie ba­ba vas­ge­hou het.

Rus­sel Mei­ring, ER24woord­voer­der, sê die vrou was in die mo­tor vas­ge­keer.

“Haar ba­ba­seun, wat ’n jaar oud is, is op die to­neel dood ver­klaar.”

Die vrou en twee mans is in die on­ge­luk be­seer. Die mo­tor waar­in sy en haar ba­ba pas­sa­siers was, het na­by die Eeu­fees­weg-af­rit met ’n bak­kie ge­bots.

Die be­seer­des is na die Kala­fong-hos­pi­taal ge­neem.

Die oor­saak van die on­ge­luk word on­der­soek.

Fo­to: ER24

Die wrak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.