S­ta­king: San­par­ke dalk na hof

‘Vak­bond moet tus­sen­bei­de tree’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling en Su­san Cil­liers

San­par­ke sê sy werk­ne­mers het die reg om te staak, maar as hul vak­bond nie hul “ont­wrig­ten­de ge­drag” stop­sit nie, sal die park­o­wer­heid ’n hof­be­vel teen hul­le aan­vra.

Ja­ni­ne Raftopoulos, San­par­ke se kom­mu­ni­ka­sie­hoof, sê in ’n ver­kla­ring le­de van Hosper­sa het ont­wrig­tend op­ge­tree by San­par­ke se hoof­kan­toor in Groen­kloof, P­re­to­ria, by die P­ha­la­bor­wa- en Or­pen-hek van die Kru­ger­wild­tuin en in kam­pe in die wild­tuin.

“Die be­stuur het die vak­bond ver­soek om on­mid­del­lik tus­sen­bei­de te tree. As hul­le mis­luk, sal ’n hof­be­vel aan­ge­vra word om die op­roe­ri­ge ge­drag stop te sit,” sê Raftopoulos.

Le­de van Hosper­sa het gis­ter­og­gend be­gin staak om­dat hul­le nie te­vre­de is met San­par­ke se jong­ste aan­bod van 6,1% vir ’n sa­la­ris­ver­ho­ging nie. Hul­le eis 7,5%.

“Die s­ta­king volg op mis­luk­te po­gings deur die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie

‘‘

Die sa­la­ris­ver­ho­gings is reeds ge­pro­ses­seer en die werk­ne­mers sal die be­ta­lings ein­de Ju­lie ont­vang.

— JA­NI­NE RAFTOPOULOS

(KVBA) om die sa­la­ris­ge­skil tus­sen die twee par­tye op te los,” lui San­par­ke se ver­kla­ring.

San­par­ke se jong­ste aan­bod is ’n ver­ho­ging van 6,1% (vir al­mal) en nog 1% vir werk­ne­mers wat daar­voor kwa­li­fi­seer.

“Ver­der sal ’n een­ma­li­ge ex gra­tia-be­ta­ling van 0,4% op die ba­sie­se sa­la­ris aan kwa­li­fi­se­ren­de werk­ne­mers be­taal word. Dit sluit die 222 werk­ne­mers uit wat nie kwa­li­fi­seer vir be­vor­de­ring nie,” sê Raftopoulos.

Sy sê dié 222 werk­ne­mers sal ’n een­ma­li­ge be­ta­ling van 1% op hul ba­sie­se sa­la­ris ont­vang.

“Ons wil dit op skrif stel dat die sa­la­ris­ver­ho­gings reeds ge­pro­ses­seer is en dat die werk­ne­mers die be­ta­lings ein­de Ju­lie sal ont­vang.”

Die bo­nus­se sal ein­de Au­gus­tus uit­be­taal word.

Veld­wag­ters, gid­se, pe­trol­jog­gies, ont­vangs- en vei­lig­heids­per­so­neel­le­de is on­der die sta­kers, sê Noel Des­fon­tai­nes, hoof­se­kre­ta­ris van Hosper­sa.

Des­fon­tai­nes sê die oor­gro­te meer­der­heid van hul le­de ver­werp die aan­bod.

“Al­mal trek nie die­self­de voor­deel daar­uit nie. Hul­le wil ’n reg­ver­di­ge ver­ho­ging hê wat al­le werk­ne­mers be­voor­deel,” sê hy.

Lui­dens San­par­ke se ver­kla­ring is kam­pe soos Or­pen, Ber­gen-dal en S­hing­we­d­zi in die Kru­ger­wild­tuin on­der meer ont­wrig.

“’n On­be­dui­den­de aan­tal wer­kers neem deel aan die ar­beids­op­tre­de en die be­stuur het sy ge­beur­lik­heids­plan­ne in wer­king ge­stel.

“Gas­te wat na ons par­ke gaan moet voort­gaan met hul plan­ne om­dat ons be­oog om se­ker te maak hul­le ge­niet hul be­soek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.