Uit­hou­rit te perd: NDBV ‘nie reg­ver­dig’

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

“On­gel­dig, een­sy­dig, on­reg­ver­dig.”

Dit is hoe Niel Kir­stein, pre­si­dent van die Uit­hou­rit­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (Era­sa), ’n me­di­a­ver­kla­ring van die Na­si­o­na­le Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (NDBV) be­stem­pel.

In­sp. Ja­c­ques van der Mer­we van die NDBV se een­heid vir spe­si­a­le pro­jek­te sê in ’n ver­kla­ring die NDBV is be­kom­merd oor die per­de se wel­stand by uithouritte, soos die Fau­re­smith 200 en die Kroon Bo­ma-rit by Kroon­stad.

“Die NDBV is ge­kant teen al­le die­re­wed­ren­ne en meen nie dat s­port ’n dier sy ly­ding reg­ver­dig nie. Die NDBV sal die per­de­wed­ren­ge­meen­skap aan­hou mo­ni­tor.”

Kir­stein sê ná die Fau­re­smith­uit­hou­rit het hul­le nog geen ver­slag van die NDBV ont­vang oor dié be­kom­mer­nis­se nie.

“Ons het Dins­dag net die me­di­a­ver­kla­ring ont­vang.”

Dit kom na­dat die NDBV wel by die Kroon Bo­ma was en daar­na sy be­kom­mer­nis oor dié by­een­koms in ’n ver­slag aan Era­sa uit­ge­lig het.

Die NDBV het daar­na ge­sê hy sal wel by die Fau­re­smith 200 wees.

“Ons het in ’n brief aan hul­le ge­sê hul­le is baie wel­kom,” sê Kir­stein, “maar dat hul­le as­se­blief ’n s­port wat al 44 jaar lank met streng re­ëls aan­ge­bied word, moet re­spek­teer. Hul­le moet be­kom­mer­nis­se met ons vee­art­se of ons be­stuur be­spreek.”

Kir­stein sê die vee­art­se tree baie streng by die Fau­re­smith 200 op. “El­ke 25 km moet el­ke perd wat deel­neem ’n ver­plig­te on­der­soek deur ’n vee­arts on­der­gaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.