In­ko­pies da­rem nie ál­tyd vrek ver­ve­lig nie

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Dis sel­de dat ek op­ge­lug voel ná ’n in­ko­pie­tog, ver­al een wat maar lek­ker dik­mond be­gin het om­dat daar­die plek waar ’n mens kies en be­taal se al­go­rit­mes in­meng met my in­ko­pie­lys.

Ek is nie on­dank­baar vir die af­slag­be­wy­se wat klok­slag in my in­boks be­land nie. Dis die sim­pel voor­spel­baar­heid daar­van wat my on­der­kry, al word dit be­na­druk met “jóú ver­persóón­lí­ke áf­slág”. Is dit no­dig om week­liks her­in­ner te word aan hoe ver­ve­lig my keu­ses is?

Kyk, ek weet ek koop soms blik­kies ver­snip­per­de tu­na en ’n se­ke­re han­dels­merk sout­be­skuit­jies en was my ha­re meest­al met een soort s­jam­poe, maar wat as ek die dag iets on­ver­wags wil doen en sar­diens koop?

Die e­nig­ste i­tem op my al­go­rit­mie­se in­ko­pie­lys waar­oor ek ju­be­len­de lof­ge­san­ge sing, is die kof­fie wat van­dees­week R14,50 min­der kos. Dis na­tuur­lik te sê as dit op die rak is. Hoe werk dit? Koop al­mal die­self­de soort kof­fie en mis ek die af­set­ter­skoot vir die storm­loop, of is dit die Il­lu­mi­na­ti wat teen my per­soon­lik saam­sweer? Want dit kan nie­mand an­ders nie as hul­le of staat­ska­pers wees wat ook ver­ant­woor­de­lik is daar­voor dat dit én die spe­si­fie­ke wyn – wat ei­en­aar­dig ge­noeg ook al om die ha­wer­klap op die ver­persóón­li­ke af­slag­koe­pons ver­skyn – se plek­kie op die rak net so ’n leë stof­kol is.

So dwaal ek be­slui­te­loos tus­sen die oor­plui­sies en pleis­ters, toe my oog val op ’n baie mooi jong vrou in haar kor­po­ra­tie­we pak­kie met ’n knap ge­sti­leer­de en toe­ge­knoop­te baad­jie. Dui­de­lik ie­mand wat in be­heer is, daar­van ge­tuig die feit dat sy op el­le­hoë ho­ë­hak­skoe­ne by ’n woe­li­ge kleu­ter kan by­hou.

Sien ek skrams­weg die baad­jie gaap ge­vaar­lik el­ke keer wan­neer sy buk, maar ge­luk­kig geld haar goeie kle­re­smaak ook vir die fyn kant­goed­jie wat dan uit­steek.

Met die weg­draai stap ek am­per ’n grys­kopoom se kie­rie on­der hom uit, maar daar­van is hy on­be­wus, want hy het ook ge­sien wat ek ge­sien het.

Hy ver­ste­wig sy greep op die kie­rie, kyk oor sy skou­er na waar sy moe­der­li­ke we­der­helf vas­ge­na­el voor die wat­te staan, en kýk weer na die jong vrou wat nou iets op die heel on­der­ste rak pro­beer by­kom.

T­rip­pel sy aan, skui­fel hy ag­ter­na, maar dis so al of daar el­ke keer ’n bie­tjie meer hup­pel in sy stap is. Kan ook wees om­dat hy hom so moet krink om da­rem te sien dat sy vrou nie sien wat hy so mooi sien nie.

Ek be­gin lag, en hoor ie­mand lag saam. Ag­ter my is ’n ge­sin wat ek goed ken. Ek be­duie daai­kant toe, maar die mei­sie­kind sê: “Nee, tannie, ons lag vir jou. Tannie moet reg­tig meer sub­tiel af­loer,” ska­ter sy dit uit.

Toe ek ein­de­lik met die tu­na en sout­be­skuit­jies en son­der kof­fie die win­kel uit is, is ek kort ag­ter die ou­er paar­tjie. Die man het sy kie­rie som­mer in die win­kel­trol­lie ge­sit en stap met sul­ke lang treë voor­uit.

Sal al die nu­an­ses van die mens­li­ke aard ooit al­go­rit­mies ver­klaar kan word?

‘‘

Dis so al of daar el­ke keer ’n bie­tjie meer hup­pel in sy stap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.